Ford skakel oor na klein motors

Die Ford-motormaatskappy in Detroit sê groot bakkies en sportnutsvoertuie het tot die maatskappy se grootste verlies in sy 105-jaargeskiedenis bygedra.
Die grootste gedeelte van die maatskappy se $8,7 miljard-verlies het van afskrywings op die waarde van sy vragmotorfabrieke en huurkontrakte gekom.

Ford het ingrypende planne vir sy toekomstige produkte aangekondig en beplan 'n verskuiwing na kleiner, meer brandstofdoeltreffende motors eerder as bakkies of vragmotors.

Die Amerikaanse mark vir sportnutsvoertuie het begin in duie stort tot die petrolprys $4 per gelling bereik het en verbruikers  vinnig aangepas en klein motors begin koop het.

интернет магазин детских товаровлобановский александр дети