Die grusame dwelmoorlog in Mexiko se mees gewelddadige stad, Ciudad Juarez, het ‘n rekord van 2000 mense se lewens tot dusver vanjaar geëis. In 2008 is sowat 1653 gewelddadige sterftes in dié stad aangemeld en dit was reeds as ‘n rekord gesien. Ciudad Juarez is in die hartjie van Mexiko se dwelmoorlog, waartydens meer as
Geen bewyse vir aanval op Zoeloekoning
Polisie soek nog na bewysstukke om die aspirant Zoeloekoning, prins Melizwe Dlamini, se bewerings dat daar op hom geskiet is by sy huis in La Lucia, te staaf. “Ons ondersoek die saak en kan nie die moontlikheid dat die wagte dalk net klappers laat afgaan het uitskakel nie,” het supt. Vincent Mdunge gesê. Volgens Mdunge
Ses aangekeer na aanval op polisiestasie
Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat ‘n skare mense klippe na die Emawotipolisiestasie buite Durban gegooi het. Sowat 500 mense het Sondag buite die polisiestasie betoog en aangedring daarop dat ‘n lid van die gemeenskap wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word. Polisie het rubber koeëls gevuur om die skare uitmekaar
Zuma maan Malema
President Jacob Zuma het die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gevra om homself te gedra as hy die Sakhilelokasie in Mpumalanga besoek. Malema gaan Woensdag dié lokasie besoek. Zuma het behoedsaam reageer toe hy hoor wat Malema beplan. “Hy [Zuma] het gesê, ‘Ek hoop gaan nie dinge daar verder opvlam nie. Ons sukkel om
Polisie se dubbele standaarde
Die skorsing van ses polisielede van die Hlobane polisiestasie in die Vryheid-distrik in KwaZulu-Natal, is ‘n bewys van dubbele standaarde in die Polisie. Die ses lede was betrokke om ‘n misdaadsindikaat oop te vlek en het verskeie beskuldigdes gearresteer. Rooftogte is in Gauteng gepleeg en die geroofde goedere dan in die gebied van Hlobane versteek.
Klassieke aspersies
{jathumbnail off} Ek moet bieg dat die vorige aspersieslaai vol fieterjasies is. Hier is ‘n makliker, vinniger en klassieke resep wat nommerpas vir die smaak van vars geblansjeerde aspersies is. Blansjeer ‘n handvol groen lote en posjeer ‘n eier vir elke tafelgenoot. Basiliekruidblare kan oor die warm aspersies geskeur word, maar dis nie ‘n moet
Wat beteken ‘n naam?
Die ANC-regime is al weer uit op ‘n kinderagtige veldtog van naamsveranderinge. Naamsveranderinge is uiteraard niks anders nie as pure afguns vanuit die oord van diegene wat die vernietigers van welvaart en die beskawing is, wat nooit op hul eie iets tot stand kon bring nie. Dit help egter nie om hierteen te skop nie.
Nog ‘n eiertjie te lê?
{jathumbnail off} турецкая баня спбЛобановский
Suid-Afrika kwetter op Twitter-toptien
Suid-Afrika is die tiende grootste gebruiker van Twitter in die wêreld. Dié sosiale netwerk is volgens die Kanadese navorsingsmaatskappy, Sysomos, baie meer gewild in Suid-Afrika as in Japan (0.71%), die Filippyne (0.64%) en China (0.49%). Hier te lande is 0.85% van alle interaksie op Twitter, oftewel 467 500 gebruikers. Die VSA loop natuurlik die verste
Spioen in VSA vasgetrek
‘n Amerikaanse wetenskaplike is Maandag in hegtenis geneem en vir poging tot spioenasie aangekla nadat hy probeer het om geklassifiseerde dokumente aan ‘n geheime agent, wat hy geglo het is ‘n Israeliese spioen, te verkoop, het die Amerikaanse departement van Justisie gesê. Stewart David Nozette, wat vir die Amerikaanse departemente van verdediging en energie en
