Suid-Afrika kwetter op Twitter-toptien

Suid-Afrika is die tiende grootste gebruiker van Twitter in die wêreld.

Dié sosiale netwerk is volgens die Kanadese navorsingsmaatskappy, Sysomos, baie meer gewild in Suid-Afrika as in Japan (0.71%), die Filippyne (0.64%) en China (0.49%).

Hier te lande is 0.85% van alle interaksie op Twitter, oftewel 467 500 gebruikers.

Die VSA loop natuurlik die verste voor met 62.14% Twitter-gebruikers en meer vroue (53%) as mans (47%) kwetter op die netwerk.

Twitter lok jaarliks sowat 55 miljoen unieke besoekers per maand, alhoewel 21% van Twitter-gebruikers nog glad nie ge-“tweet” het nie.

“Terwyl Twitter se groei deeglik opgeteken is, wou ons die soeklig plaas op hoe mense Twitter gebruik en die sleutelfaktore in gebruikers se agtergrond, demografie en aktiwiteite identifiseer,” het Nick Koudas, Sysomos se mede-uitvinder en uitvoerende hoof in ‘n persverklaring gesê.

Twitterstede is New York gevolg deur Los Angeles en Toronto.

 

roulette free no deposit bonusФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae