Die grusame dwelmoorlog in Mexiko se mees gewelddadige stad, Ciudad Juarez, het ‘n rekord van 2000 mense se lewens tot dusver vanjaar geëis.
In 2008 is sowat 1653 gewelddadige sterftes in dié stad aangemeld en dit was reeds as ‘n rekord gesien.
Ciudad Juarez is in die hartjie van Mexiko se dwelmoorlog, waartydens meer as 14 000 mense sedert 2006 reeds dood is.
Owerhede sê dié stad is die oorlogsveld vir die Juarez en Sinaloa dwelmhandelaars wat elk probeer om beheer te neem van die dwelmhandelroete na die VSA.
Die oorlog duur voort ten spyte van die regering se pogings om dwelmhandel aan die wiele te ry.
