praag.co.za

Klassieke aspersies

Written by

in

{jathumbnail off}

Ek moet bieg dat die vorige aspersieslaai vol fieterjasies is. Hier is ‘n makliker, vinniger en klassieke resep wat nommerpas vir die smaak van vars geblansjeerde aspersies is.

Blansjeer ‘n handvol groen lote en posjeer ‘n eier vir elke tafelgenoot. Basiliekruidblare kan oor die warm aspersies geskeur word, maar dis nie ‘n moet nie.

Plaas ‘n eier op elke stapeltjie en bedruip met olyfolie en balsamiese asyn.

Sout en peper, en siedaar! Haal die warm Franse broodjie uit die oond.

сайт легоФильчаков прокурор отзывы

Comments

Leave a Reply