Die deeltydse krieketspelers uit die land van staatsgedrewe anoreksie het gister koeëlvas gelyk teen die beste wat die Protea-boulaanval in hulle rigting afgevuur het. Tatenda Taibu en Stuart Matsikenyeri het met groot sorgeloosheid 188 lopies van 193 balle gesloeg. Dit het gekom na ‘n topordeintuimeling wat Zimbabwe vyf paaltjies gekos het vir ‘n katspoegie meer
Vrystaat kom help!
Die Springbokke se skrumvertoning was Vrydagaand so verlep dat selfs Peter de Villiers dit agtergekom het. Gelukkig vir hom was die vergruisde voorry van die aand, Jannie du Plessis, Gurthrow Steenkamp en Chilliboy Ralepelle bedagsaam genoeg om beserings op te doen. Beserings is niks om oor te grinnik nie, maar die een se seer is
Olie na hartelus
Wanneer dit kom by hartgesondheid, mag gesuiwerde olyfolie beter wees as ander groente-olies, luidens nuwe navorsing. Volgens Europese navorsers mag gesuiwerde olyfolie veral doeltreffend wees om die risiko van hartsiektes te verminder vanweë die hoë vlak van antioksidante wat dit bevat. In ‘n studie van 200 gesonde mans het navorsers bevind dat gesuiwerde olyfolie –
Waarheid oor Uhuru Guru gaan opspraak verwek
Mnr. Fred Rundle, wat bande met die AWB en ander verregse organisasies het en die klag van kubermisdaad teen Uhuru Guru gelê het, het die volgende brief aan ons gerig: Anton Barnard is een van die intelligente mense wat die storie reg lees en sien dat daar meer agter hierdie storie steek as wat Bert
My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer,
Lees verder: My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
Els tweede na skitterende spel
Ernie Els het tweede geëindig in die HSBC-gholftoernooi in Sjanghai ná ’n merkwaardige ronde van 63 wat 8 voëltjies en ’n arend ingesluit het. Dit is ‘n hele 9 houe minder as die baansyfer. Els het Sondag een van die mees skitterende rondes ooit gespeel, maar ongelukkig sy bal op die laaste putjie in die
Kasrils se vrou oorlede
Voormalige president Thabo Mbeki het Maandag sy medelye teenoor oud-minister Ronnie Kasrils betuig nadat Kasrils se vrou Eleanor, die naweek oorlede is. Mbeki het Eleanor Kasrils se rol in die totstandkoming van ‘n “nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika” geloof. Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, het ‘n verklaring namens die hom uitgereik. Die Independent Online berig
Een van die dae…
{jathumbnail off} детский велосипедОлександр Васильович Фільчаков
Voormalige hoëkommissaris aktief in Irak
Brittanje se voormalige hoëkommissaris in Suid-Afrika, Paul Boateng, is aangestel as direkteur van ’n privaat veiligheidsmaatskappy wat in Irak gekontrakteer is. Die Sunday Times het Sondag berig dat Boateng, wat Suid-Afrika in Mei verlaat het, se direkteurskap by Aegis Defence Services skaars vyf maande ná sy terugkeer beklink is. Die Britte het in Boateng se
Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie
In die soeke na ‘n verdraagsame gespreksruimte het die Nuwe Hervormingsnetwerk (NHN) op 31 Oktober 2004 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n groep mense wat hulle rug op die ortodokse leerstellinge aangaande Jesus gedraai het in Centurion vergader, onderweg na ‘n nuwe spiritualiteit. Met ortodoksie word bedoel dáárdie Christene wat die leer en
Lees verder: Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie
