Peres ontken dat Israel kernkoppe aan SA wou verkoop

President Shimon Peres van Israel het Maandag ten sterkste ontken dat sy land ooit atoomkoppe aan Suid-Afrika se apartheidsregering wou verkoop het. Die ontkenning volg op ‘n berig Maandag in die Britse koerant Guardian wat beweer Peres wou persoonlik drie kernplofkoppe aan oudpres. P.W. Botha beskikbaar maak in 1975. Peres was toe Israel se minister

Lees verder: Peres ontken dat Israel kernkoppe aan SA wou verkoop

Pik sê kernstorie is onwaarskynlik

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Israeliese regering formeel aangebied het om kernwapens aan Suid-Afrika te verkoop in die apartheidsjare, het voormalige Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake Pik Botha Maandag gesê. “Ek betwyfel dit sterk,” het hy gesê. “Ek twyfel of so ‘n aanbod ooit gemaak is. Ek dink ek sou geweet het.” Hy het

Lees verder: Pik sê kernstorie is onwaarskynlik

Australië sit Israelse diplomaat uit

Die Australiese regering het voet dwars gesit en ‘n Israeliese diplomaat uit die land gesit, volgens wat die BBC berig. Die stap volg nadat Israel se regering vals Australiese paspoorte aan geheime agente verskaf het wat met die sluipmoord in Januarie op ‘n Hamas-leier in Dubai verbind word.  Australië se minister van buitelandse sake, Stephen

Lees verder: Australië sit Israelse diplomaat uit

Byna 80 vas vir openbare geweld

Inwoners van Ikgomotseng in Soutpan het Maandag paaie afgesper en bande aan die brandgesteek terwyl hulle daarop aangedring het om in ‘n ander munisipale-area ingesluit te word. Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder in Bloemfontein, is sowat 78 mense tydens die betoging in hegtenis geneem vir openbare geweld en omdat hulle aan ‘n onwettige byeenkoms deelgeneem

Lees verder: Byna 80 vas vir openbare geweld

Chaos heers by ANC-Jeugliga se kongres

Chaos het by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard-kollege uitgebreek toe die uitslag van die ANC-jeugliga se kongres Maandagoggend bekend gemaak is. Sommige afgevaardigdes het uit die saal gestap en gekla oor knoeiery tydens die verkiesing. Gedurende die verkiesingsproses is afgevaardigdes in twee groepe verdeel. Een van die groepe is deur Bheki Mtolo gelei.  Mtolo

Lees verder: Chaos heers by ANC-Jeugliga se kongres

Geheime kerndokument openbaar

Geheime Suid-Afrikaanse dokumente toon dat Israel aangebied het om atoomkoppe te verkoop aan die regering van PW Botha. Dit is die eerste amptelike dokumentêre bewys van die Joodse staat se besit van kernwapens. Die “uiters geheime” notules van vergaderings tussen senior amptenare van die twee lande in 1975 toon dat Suid-Afrika se minister van Verdediging,

Lees verder: Geheime kerndokument openbaar

Polisiebeamptes vir plaasaanval vas

‘n Polisie konstabel is Sondag in hegtenis geneem vir poging tot moord, het Noordwes polisie gesê. Luitenant-Generaal Lesetja Beetha van Efraim sê die konstabel, 34, is na bewering deel van ‘n groep wat probeer het om ‘n plaas buite Schweizer-Reneke te beroof Vrydag. Die boer het glo geweerskote op sy perseel gehoor en het drie

Lees verder: Polisiebeamptes vir plaasaanval vas