SA kritiseer Israel en eis joernalis se vrylating

Die Suid-Afrikaanse regering het by die Israeliese ambassadeur daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse joernalis wat aangehou word na die Gasa-aanval, vrygelaat word. Suid-Afrika se adjunk-minister van internasionale betrekkinge, Sue van der Merwe, het aan ambassadeur Dov Segev-Steinberg gesê dat die regering ten sterkste protes aanteken teen die Israeliese regering na die aanval op die Mavi

Lees verder: SA kritiseer Israel en eis joernalis se vrylating

Polisie raak slaags met ANC-Jeugliga

Die ANC-jeugliga het Dinsdag die veldtog om Kaapstad onregeerbaar te maak verskerp deur brande te stig en klippe te gooi.   Agt betogers, waaronder die streeksekretaris van die ANC-jeugliga, Luyiso Mkuhle, is deur die polisie in hegtenis geneem in verband met openbare geweld. Die agt het reeds in die landdroshof verskyn en is steeds in

Lees verder: Polisie raak slaags met ANC-Jeugliga

VF+ verwelkom Grootfontein se taalbeleid

Na die voorneme om hoofsaaklik Engels die onderrigtaal aan die Grootfontein Landboukollege te maak, verwelkom die Vryheidsfront Plus die skikking wat bereik is om Afrikaans en Engels gelyke status aan die kollege te gee. Dit volg na die VF Plus en dr. Pieter Mulder, as leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, aan

Lees verder: VF+ verwelkom Grootfontein se taalbeleid

Mulder tot dagbestuurslid van UNPO verkies

Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, is daar ‘n belangrike positiewe beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners. Dr. Mulder is tydens die afgelope kongres in Rome op UNPO se dagbestuur of presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel van Tibet.  ‘n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige menseregteskendings veroordeel is,

Lees verder: Mulder tot dagbestuurslid van UNPO verkies

Internasionale reg en die wêreldmening

Oud-adjunk-minister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, was skaars op Bagdad se lughawe met ‘n Amerikaansgeleide internasionale mag onderweg, of hy verklaar aan die wêreld hy het geen wapens van massavernietiging gesien nie. Dat hy uiteindelik korrek was, is skaars die punt. Hy het ‘n internasionale persepsie help skets sonder dat die werklike feite nog op

Lees verder: Internasionale reg en die wêreldmening

Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons vriendelike ontvangs in Swede, het ‘n mens byna oorstelp gevoel met die gasvryheid en meegevoel van die

Lees verder: Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Het Israel die oorlog verloor?

Die Israelse aanval op die skepe van ‘n Turkse nie-regeringsorganisasie onderweg na Gasa, was ‘n ongelukkige insident wat die wêreldmening onomwonde teen Israel kan draai. Ten spyte van Danny Ayalon, adjunk-minister van buitelandse sake, se versekering dat Israel uitgelok is om op te tree, gaan die hele voorval olie op die vuur vir Israel se

Lees verder: Het Israel die oorlog verloor?

Zuma kritiseer Frankryk

Pres. Jacob Zuma het Frankryk gekritiseer vir hulle steun aan Niger en Guinee. Die huidige bewinde in dié lande het met staatsgrepe aan die mag gekom. Zuma het gesê Frankryk gee erkenning aan gewelddadige militêre oornames in Afrika wat demokratiese prosesse verontagsaam. Hy het gesê dit is strydig met die oogmerke van die Afrika-Unie. Niger

Lees verder: Zuma kritiseer Frankryk