Verhoogde belasting op rykes sal armes in Suid-Afrika bevoordeel, het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, gesê. “Ons moet ‘n samelewing hê waar diegene met hulpbronne bereid is om aan diegene te gee wat niks het nie, en almal sal daarby baat,” het sy op ‘n armoedekonferensie in Johannesburg gesê. “Dit mag dalk wees dat
Plakkers slaan inbreker dood
‘n Skare plakkers het ‘n jong man Donderdag doodgeslaan nadat hy na bewering by ‘n huis in Orange Farm ingebreek het, het die polisie gesê. Volgens kapt. Johannes Motsiri het ‘n buurman die 19-jarige swartman betrap toe hy ‘n huis verlaat het waarby hy ingebreek het. “Hy het glo die gesteelde goedere in ‘n asblik
Huureiendomwysigingswet ongrondwetlik
“Die beoogde belastingwysigings aan die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting kom neer op niks anders as ‘n ongrondwetlike welvaartsbelasting wat deur plaaslike owerhede gehef word nie,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, gesê. Die VF Plus het in die verlede reeds sy kommer uitgespreek oor die feit dat eiendomsbelasting gehef word
Gautrein bots ná remme misluk
Mislukte roetinetoetse op remstelsels het daartoe gelei dat die Gautrein gebots het en erg beskadig is. Dié onrusbarende ongeluk het tot nog toe geen nuusdekking ontvang nie. Die ongeluk het op die aand van 16 Junie plaasgevind. Gedurende toetse wat gereeld by dié trein se depot onderneem word om passasierveiligheid te waarborg, wou die remstelsels
Lasbriewe onnodig sê polisie
‘n Dagblad het onlangs ‘n artikel geplaas wat handel oor ‘n man wat op ‘n lasbrief aangedring het toe polisielede sy perseel wou deursoek. Volgens Randfontein SAPD woordvoerder, kaptein Appel Ernst, benodig polisie nie ‘n lasbrief om enige perseel, persoon, of voertuig te deursoek nie. “Ons werk volgens Artikels 25, 26 en 27 van die
Neels Jackson se Damaskus-openbaring
Neels Jackson as verloopte Afrikaner in diens van die ANC-regering se koerant Beeld, dra sy deeltjie ook nou by om die renaissance van die Afrikanervolk doelbewus te probeer help onderdruk met sy kondisionerende skrywe vandag onder die opskrif ‘n Wit man in dié land… Desperate situasies vereis desperate optrede, in so ‘n mate dat hy
Suid-Soedan kan prooi van Weste word, waarsku Zuma
Pres. Jacob Zuma het gewaarsku dat Suid-Soedan, die wêreld se jongste land, dalk die prooi kan word van lande wat bystand verleen met die uitsluitlike doel om dié nuwe land te oorheers. Hy het Dinsdag aan die einde van die samesprekings met Jakaya Kikwete, die Tanzaniese president, in Pretoria dié uitlatings gemaak. Zuma het die
Lees verder: Suid-Soedan kan prooi van Weste word, waarsku Zuma
Opstande nadat Britte hulpgeld weerhou
Opstande oor prysverhogings wat deur opposisiegroepe uitgebuit word, het reeds die lewens van 12 mense in Malawi geëis. Kantore en winkels op verskeie plekke is in brande verwoes. Opposisiepolitici sê dat net “demokrasie” laer pryse sal waarborg. In Blantyre, die Malawiese hoofstad, is verskeie mense beseer in botsings tussen die polisie en betogers. Inwoners wat
Vloedskadeverslag is onakkuraat
‘n Verslag oor skade wat vroeër vanjaar deur vloede aangerig is, is onakkuraat, het Agri SA Woensdag gesê. Die verslag is namens die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) deur onafhanklike assessors saamgestel wat geen kennis van ingenieurswese of infrastruktuur dra nie, het dié landbou-vereniging gesê. Die vloede, wat sewe provinsies in Januarie vanjaar en Desember verlede jaar
Shell sê skaliegas is SA se enigste energie-antwoord
Volgens Jan-Willem Eggink, hoofbestuurder van Shell in Afrika, is die ontginning van skaliegas deur hidroliese breking die enigste oplossing om Suid-Afrika se koolstofspoor aansienlik te verbeter. Dit kan ook ‘n antwoord bied op die land se stygende energie-aanvraag. Suid-Afrika se verbintenis tot die beperking van kweekhuisgasse is reeds deur pres. Jacob Zuma tydens die beraad
Lees verder: Shell sê skaliegas is SA se enigste energie-antwoord
