“Ons moet ‘n samelewing hê waar diegene met hulpbronne bereid is om aan diegene te gee wat niks het nie, en almal sal daarby baat,” het sy op ‘n armoedekonferensie in Johannesburg gesê.
“Dit mag dalk wees dat rykes meer belasting moet betaal en dit sal vereis dat die bedryfsleiers en beleggers met minder winste tevrede moet wees sodat hul werkers ‘n beter, en as ek my kan verstout om te sê, ordentlike werk kan geniet.”
Sy het gesê dít moet oor die volgende paar jaar op die proef gestel word om ‘n beter land te verseker.
“Ons glo in die ontwikkelling van ‘n politieke en ekonomiese stelsel wat die behoeftes van die armes en maatskaplike kwessies bo aan die nasionale agenda plaas.”
