Zim wil myne oorneem, jou Amerikaanse ambassadeur uit

As buitelandse mynmaatskappye in Zimbabwe nie voor die September-spertyd voorstelle indien om hulle aandele aan Zimbabwiërs te verkoop nie, kan hulle uit die land gesit word, het ‘n Zimbabwiese minister gesê.

“Die mynmaatskappye het tot September tyd om aan die vereistes te voldoen. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle uitgeskop word,” het Savious Kasukuwere, minister van verinheemsing, gesê.

Alle buitelandse maatskappye moet volgens nuwe wetgewing 51% van hulle aandele aan swart Zimbabwiërs verkoop.

Die sperdatum vir voorstelle oor hoe hierdie maatskappye beplan om aan die nuwe wetgewing te voldoen, is 25 September deser.

Hoewel Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, die nuwe wet ten volle ondersteun, meen Morgan Tsvangirai, sy premier, dat beleggers deur dié stap ontmoedig sal word.

Buitelandse mynmaatskappye in Zimbabwe sluit in Aquarius Platinum, Zimbabwe Platinum Mines, Anglo Platinum en Rio Tinto.

Intussen het die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe gesê dat polisie ‘n jeugvergadering waar hy sou praat, gekeer het en dat weermaglede van President Robert Mugabe se party die saamtrek ontwrig het.

Charles A. Ray, die ambassadeur, het gesê die vergadering is met toestemming gereël maar dat dit “ontwrig en gestop” is.

“Elemente van die veiligheidsdiens en sekere politieke partye bly bang om die vrye uitruil van idees toe te laat,” het Ray in ‘n verklaring gesê.

Ooggetuies het gesê dat rumoerige jongmense Ray uitgejou het en beledigende liedjies gesing het. Hulle het glo pamflette wat pres. Robert Mugabe se beleide ophef, rondgeswaai.

Groepe wat menseregte ondersteun meen politieke intimidasie het toegeneem sedert Mugabe gevra het dat verkiesings vervroeg word om ‘n einde aan die land se wankelrige koalisie-regering te bring.

casino online free bonus no depositДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae