Lasbriewe onnodig sê polisie

‘n Dagblad het onlangs ‘n artikel geplaas wat handel oor ‘n man wat op ‘n lasbrief aangedring het toe polisielede sy perseel wou deursoek.

Volgens Randfontein SAPD woordvoerder, kaptein Appel Ernst, benodig polisie nie ‘n lasbrief om enige perseel, persoon, of voertuig te deursoek nie.

“Ons werk volgens Artikels 25, 26 en 27 van die Strafproseswet, wat ons die magtiging gee om enige persoon, perseel, of voertuig te deursoek,” sê Ernst.

“Polisielede is geheel en al binne hul reg om enige perseel wat hulle vermoed bewysstukke kan lewer in ‘n ondersoek, te deursoek.

Ernst sê dat alle klagtes wat teen die polisie gemaak word wel ondersoek word, maar kla dat TV-programme mense onder die verkeerde indruk skep, wanneer dit kom by polisiepresedure.

“Geen persoon het die reg om die polisie te verhinder om enige persoon, perseel of voertuig te deursoek nie,” sê Ernst.

“Ons doen net ons werk en deursoek nie mense se huise vir die pret daarvan nie.”

больница стоматологиялобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae