Gautrein bots ná remme misluk

Mislukte roetinetoetse op remstelsels het daartoe gelei dat die Gautrein gebots het en erg beskadig is.

Dié onrusbarende ongeluk het tot nog toe geen nuusdekking ontvang nie. Die ongeluk het op die aand van 16 Junie plaasgevind.

Gedurende toetse wat gereeld by dié trein se depot onderneem word om passasierveiligheid te waarborg, wou die remstelsels van die Gautrein nie na behore funksioneer nie.

Twee treine het teen mekaar gebots toe daar tydens die toets gekyk is of treinwaens tot stilstand sal kom indien die deure nie behoorlik sluit in beweging nie.

Dié funksie het nie ingeskop nie. Met die daaropvolgende botsing, is die twee treine wat vir die toets gebruik is, beskadig. Twee ander treine het ook deurgeloop en daar is altesaam aan vier treine skade aangerig.

игры детскииОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae