Petrolprys gaan met R1.61 daal

Die kleinhandelprys van petrol gaan volgende week met R1,61 daal, het die Departement van minerale en energiesake Vrydag gesê. Die groothandelprys van diesel met 'n 0,05% swaelinhoud gaan daal met 81 sent per liter daal, en die prys van diesel met 0,005% swaelinhoud sal met 80 sent per liter daal.

Die groothandelsprys van paraffien sal met 75 sent per liter daal, en die enkel maksimum nasionale kleinhandelprys vir paraffien met R1,01 per liter.   

минеральная фасадная штукатурка ценапрокурор Фильчаков

Kredietgroei neem effens af

Die land se privaatkredietsektorgroei het in Oktober effens afgeneem, en enige hoop op 'n verlaging in die rentekoerse vir Desember platgeslaan.

Vrydag het die Reserwebank gesê dat die privaatsektorkredietgroei effens gedaal het van 16,28% in September tot 16,17% in Oktober.

Dit is onverwags, aangesien ekonome wat deur Bloomberg ondervra is die syfer op 15,3 gesien het vir Oktober.

Die sentrale bank het gesê die groei in die wydgedefinieerde M3 maatstaf van geldvoorraad in Oktober toegeneem het tot 15,59%, vergeleke me die vorige maand se 15,23%.

Die syfer was hoër as die 15,3% gemiddeld wat voorspel is deur ekonome wat deur Bloomberg genader is.

заготовка веников из можжевельникаФильчаков Александр Васильевич

Meer as 130 Britse families per dag verloor hulle huise

Image

Huise te koop in Engeland

14:40:27 Een uit vyf huise op die Britse mark word te koop aangebied omdat die eienaars nie meer die verbandpaaiemente kan bybring nie. Ten minste 5000 eiendomme word elke week verkoop volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Vereniging vir Eiendomsagente.

Meer as die helfte van agente beweer dat een uit vyf verkopers sukkel om verbandbetalings by te hou.

Meer as 130 families per dag verloor hulle huise aan banke en bouverenigings, sal skokkende syfers vandag bekendmaak.

Dié syfers wys dat 'n groeiende hoeveelheid mense nou die prys betaal daarvoor dat hulle ekstra-groot lenings geneem het gedurende die bloeityd in die eiendomsmark.

Die verslag van die Raad vir Verbandleners sal wys dat terugneem van wonings omtrent 70% hoër is as verlede jaar, met 45 000 teenoor 26 200.

Die situasie kan selfs nog vererger teen volgende jaar, met omtrent 1,5 miljoen Britte wat hulle werk kan verloor teen 2010.

'n Ander verslag toon dat die verlaging in huispryse baie ernstiger kan wees as wat eiendomsagente dink.

Halifax en Nationwide het albei gesê dat huispryse met 15% gedaal het oor die afgelope jaar. Maar pryse van huise wat op veilings verkoop word, vertel "die ware verhaal" volgens kenners, wat van mening is dat pryse ten minste twee keer soveel gedaal het.  

магазины игрушек украинаданильченко юрій Харків

Drie versekeraars onttrek versekering van GM en Ford

Drie groot Europese kredietversekeraars het hulle dekking van die Amerikaanse motorvervaardigers, General Motors en Ford, wat albei erge finansiële probleme ondervind, onttrek, het die Financial Times berig.

Die onttrekking van kredietversekering wat handelaars daarteen beskerm indien die vervaardigers sou vou, is deur Euler Hermes, Atradius en Coface gedoen, wat meer as 80% van die wêreld se kredietversekeringsmark beheer, het die koerant gesê.

Die drie maatskappye weier om enige polisse vir handelaars te verskaf met GM en Ford as verskaffers, het die koerant gesê, sonder om enige bronne aan te haal.

"Ons lewer nie kommentaar oor enige individuele maatskappye nie," het Atradius in 'n e-pos verklaring gesê.

Dit het verder bygevoeg: "Die huidige ekonomiese klimaat is baie taai en motorvervaardigers is deel van die bedrywe wat deur die vertraging in die ekonomie getref is. Ons onttrek dekking in sommige gevalle as laaste uitweg, maar ons werk steeds saam met besighede om handel so lank as moontlik te kan laat voortduur."

Niemand by Euler Hermes en Coface is onmiddellik toegelaat om kommentaar te lewer nie.

GM en Ford is twee van die grootste groepe wat ooit op die swartlys geplaas is, het die Financial Times gesê, en bygevoeg dat die onttrekking van dekking hoofsaaklik groot maatskappye in Europa sal raak, waar die grootste deel van hulle besigheid is.

Amerikaanse handelaars werk meestal sonder versekering, het die koerant gesê.

Vroeër dié week het Atradius gesê dat hulle hul kredietversekerignsdekkint onttrek het van maatskappye wat handelaars voorsien, wat ook 'n invloed het op aandele in die Britse elektriesegoederehandelaar, DSG International Plc. 

обслуживание дизелныхданильченко юрій броніславович компромат

Goudproduksie daal

ImageSuid-Afrika se goudproduksie het met 17,7% afgeneem van September 2007 tot September 2008. Dit benadruk die land se agteruitgang as een van die wêreld se grootste goudprodusente.

Sedert die piek in goudproduksie in 1970, is dit konstant besig om te daal en verlede jaar het China in die eerste plek ingeskuif met Suid-Afrika tweede.

Syfers wat deur Statistiek SA gister vrygestel is, wys dat die land se totale mynproduksievolume met 3,5% gedaal het van September verlede jaar tot September hierdie jaar, grootliks as gevolg van die daling in gouduitset. Ander minerale se produksie het nietemin ook afgeneem.

Die afname is 'n donker vooruitsig vir die land se BBP-groei in die derde kwartaal (Bruto Binnelandse Produk) wat teen die einde van die maand bekend gemaak sal word.

оптовые цены трековые светильникиалександр лобановский харьков

Korporatiewe vrese werp skaduwee op w?reldmarkte

13:18:20 Vrese dat die finansiële krisis slagoffers gaan eis onder sommige van Amerika se grootste korporatiewe reuse het wêreldmarkte Woensdag versigtig gelaat, terwyl Oosterse aandele nog verliese gelei het.

Bekommernis dat General Motors bankrot kan raak, het die uitwerking van die globale kredietkrisis skerp in fokus gebring. Ook in die ooste was daar nuwe getuienis dat maatskappye negatief geraak word deur die krisis.

Finansiële onrus mag versag, “maar vrese vir ‘n globale resessie en slegte korporatiewe nuus hou steeds aan,” het Alex Huang, ‘n assistentvisepresident by Mega International Investment Services in Taipei gesê.

“Indien General Motors  sou ineenstort, sal die impak astronomies wees,” het hy gesê.

Daar is ook hoop dat die wêreldleiers sal saamstem op nuwe optrede om die ergste finansiële krisis in dekades aan te spreek wanneer hulle dié naweek in Washington vergader.

Kenners het gesê dat die beraad van leiers van 20 ontluikende en gevorderde ekonomieë waarskynlik sal sukkel om met konkrete metodes vorendag te kom, ten spyte van die wye kommer oor globale resessie.

Beleggers was kriewelrig oor verskille tussen president George W. Bush en nuutverkose kandidaat Barack Obama oor hoe om die drie groot voertuigvervaardigers, General Motors, Chrysler en Ford,  wat in die moeilikheid is, te help.

GM se hoofuitvoerendebeampte, Rick Wagoner, het gesê dat die motorreus net genoeg kapitaal het om vir ‘n paar maande voort te gaan.

Markte wag in spanning op Amerika se handelsyfers en ‘n belangrike vertroue-aanwyser wat Vrydag gepubliseer moet word, wat na verwagting ‘n skerp daling in die wêreld se grootste ekonomie sal aandui.

самые красивые куклыФильчаков прокурор харькова

Fitch verander gradering van SA banke na negatief

08:43:56 Standard & Poor's het gister Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel na negatief verander en gewaarsku dat kapitaaluitvloei die rand verder onder druk kan plaas. Dit kan inflasie hoog hou en rentekoersverlagings in die wiele ry.

Die besluit volg op 'n soortgelyke aankondiging van Fitch Ratings.  

Fitch Ratings het sy gradering van Absa, Investec Bank, Nedbank en hulle beherende maatskappye verander van stabiel na negatief, het die agentskap Dinsdag gesê.

Dit volg op 'n hersiening van die Republiek van Suid-Afrika se soewereine buitelandsevalutalenersverstekgradering van "BBB+" het Fitch Ratings gesê.

Die vooruitsigverandering weerspieël 'n verswakkende makro-ekonomiese omgewing en die verwagte impak op die finansiële optrede en posisie van die banke.

Fitch het gesê dat die globale kredietkrisis na verwagting sal lei tot laer vlakke van aktiwiteit in die huishoudelike ekonomie, wat waarskynlik sal bydra tot die uitdagings wat die banksektor in die gesig staar met die verhoging van rentekoerse en rekordvlakke verbruikerskuld.

Fitch het bygevoeg dat die gradering Standard Bank van Suid-Afrika nie geraak het nie, aangesien hulle gradering reeds in Augustus op die negatiewe skaal geplaas is, asook First Rand Bank en sy beherende maatskappye; beide is in September afgegradeer en is nou as stabiel gegradeer.

"Die graderings wys op toenemende kommer insake die werksomgewing," het Fitch gesê.

смесиФильчаков прокурор отзывы

5,5 miljoen toeriste besoek SA in 7 maande

Image

Marthinus van Schalkwyk

16:41:00 Bykans 5.5 miljoen toeriste het Suid-Afrika gedurende die eerste sewe maande vanjaar besoek. Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê dit verteenwoordig 'n 7,8-persentvermeerdering teenoor die vorige jaar.

Van Schalkwyk sê hy is trots daarop om bekend te kan maak dat die jongste beskikbare aankomsyfers bykans 5,5 miljoen aankomelinge ( 5 495 904)  gedurende die eerste sewe maande vanjaar toon in vergelyking met die net meer as 5,1 miljoen  (5 100 268)  in 2007.

Hy sê as die syfers vir Januarie tot Julie vanjaar in detail  ontleed word, word gesien dat die groei in aankomelinge uit Suid-Afrika se tradisionele markte steeds sterk bly en aangestoot word deur 'n baie positiewe vermeerdering van aankomelinge uit nuwe markte. Aankomelinge uit Noord-Amerika het met 11,7 persent in die eerste sewe maande van vanjaar toegeneem.

Europese aankomelinge het met 7,3 persent gegroei met Frankryk wat 'n vermeerdering van 16,8 persent toon. Aankomelinge uit Australië het met 10,9 persent gegroei en uit Asië met 6,5 persent. Van Schalkwyk sê Suid-Afrika het in 2007 meer as 9 miljoen buitelandse toeriste ontvang in vergelyking met die net minder as 600 000 in 1994.  

Toerisme se bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het na raming vanaf R137,6 miljard in 2006 tot R159,6 miljard in 2007 gegroei. Dit het meer as 940 000 direkte en indirekte werksgeleenthede in 2007 geskep wat 5 persent meer is as in 2006.  

 

светильник настенно потолочныйлобановский класс харьков

Swart vroue slaan die kitaar

Swart vroue se koopkrag het aansienlik vermeerder sê Unilever se TNS-navorsing wat Vrydag vrygestel is.

Die navorsers by die Universiteit van Kaapstad het bevind dat dit R250 miljard was vir 2008. Dit verteenwoordig omtrent 40% van die jaarlikse uitgawes van die land se vroue. In 2007 was dit op R180 miljard.

Die sogenaamde "swart diamante" het vanaf 2005 tot 2008 gegroei van 1 miljoen tot 3 miljoen. Vir die eerste keer in die geskiedenis het swart vroue byna ewe veel koopkrag as hulle wit eweknieë. Hulle maak nou reeds 10% van die land se volwasse bevolking uit.

Unilever se navorsers het hulle as 'n belangrike ekonomiese krag beskryf. Selfs die motorbedryf gaan dit voel meen hulle. Swart vroue maak reeds 89% van die besluite oor wat vir die huis aangekoop moet word en 69% het 'n sê oor groot bedrae.

bad wolfДанильченко Юрий Брониславович компромат

Petrolprys behoort met 35 sent te daal

Image17:00:28 Die petrolprys behoort met omtrent 35 sent per liter te daal wanneer die Sentrale Energiefonds die jongste brandstofpryse Vrydag bekendmaak.

Ekonoom Dawie Roodt sê ofskoon die Rand swakker is, daal die olieprys en is 'n daling van sowat 35 sent per liter moontlik. Hy verwag dat die dieselprys met omtrent 20 sent per liter gaan daal.

Vroeër het die prys van Brent ru-olie vir lewering inDesember tot $59,02 per vat gedaal, die laagste punt sedert Februarie 2007. Dit was ten spyte van verlede week se aankondiging deur die organisasie vir petroleumuitvoerlande (Opul) dat dit produksie met 1,5 miljoen vate per dag tot 27,3 miljoen vate per dag in November gaan verminder in 'n poging om die dalende pryse stop te sit.

Roodt sê Opul produseer slegs 40 persent van die wêreld se olie en die eintlike getal vate is slegs deel van die vergelyking — wat wel belangrik is, is die wêreldvraag.  Hy sê Opul het 'n belangrike les geleer : Jy verminder produksie nie te veel wanneer mense na alternatiewe soek nie. Indien die prys daal, sny jy nie terug op produksie nie omdat jy dan die markaandeel verloor.

Roodt sê Opul het sy eie belangrikheid oorskat.     

инструментов арсеналЛобановский Харьков

Meer voertuie word teruggeneem

ImageAbsa neem elke maand 1 350 voertuie van verbruikers terug, wat dit nie langer kan bekostig nie. Marcel de Klerk, senior bestuurder van Absa se voertuig- en batefinansieringsafdeling sê dit is bykans 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Ongeveer 80% van die voertuie val in die R120 000 tot R130 000–kategorie terwyl voertuie wat teruggeneem word, gemiddeld R80 000 in waarde beloop. De Klerk sê die waarde van voertuie wat maandeliks teruggeneem word, is moontlik soveel as R560 miljoen.

Ongeveer 30 000 voertuie word elke maand in Suid-Afrika verkoop. Voertuie wat teruggeneem word, verloor 'n verdere 35% in waarde.  In die huidige marktoestande verloor die motorindustrie en banke baie geld. 

De Klerk sê die bepalings van die Wet op Nasionale Krediet maak dinge ook nie makliker nie. Die wet bepaal dat voertuie nou oor 'n periode van 72 maande afbetaal kan word, in stede van die vorige 54 maande. Mense koop duurder motors as wat hulle kan bekostig en ná 72 maande sit hulle met 'n enorme finale paaiement wat meer is as wat die motor werd is.

Duurder motors beteken ook dat verbruikers meer vir dienste en versekering moet betaal. Dit word gevolglik vir eienaars onmoontlik om ná twee jaar hulle motors vir nuwer modelle in te ruil. De Klerk sê daar is 'n duidelike verhouding tussen paaiement-terme en slegte skuld.

Die goeie nuus is egter dat die agterstallige vlakke ,moontlik vanweë hoër rentekoerse, gestabiliseer het. Die wet bepaal ook dat deposito's op voertuie nie nodig is nie.

De Klerk is van mening dat jongmense, laerinkomstehuishoudings en eerstekeer-kopers die swaarste deur die Kredietwet getref word.

Sy raad is dat voornemende kopers nie die 72-maande termyn moet kies nie maar liewer goedkoper motors koop. Hy sê verbruikers kies in meer as 50% van Absa voertuigtransaksies die 72-maande-opsie.

Dieselfde persentasie kopers verkies ook om nie 'n deposito te betaal nie en 30 % van alle kopers eindig met 'n enorme paaiement ná die 72-maandeperiode.

дитячий велосипед львівЛобановский

Privaatkonsortium gaan Eskom help

Image'n Privaatkonsortium het Eskom genader om 23 steenkoolkragstasies op te rig wat die land se kapasiteit met 50% kan verbeter tussen 2012 en 2017. Daar is selfs sprake van 'n kommersiële sonkragstasie onder die 27 aansoeke van voornemende onafhanklike kragprodusente wat reeds deur Eskom gekeur is om aanbiedinge voor te lê.

Eskom het onlangs aangedui dat die land se reserwes eers in 2014 weer op internasionale standaard sal wees. Die totale opwekkingskapasiteit van die privaatinisiatief sal om en by 20 000MW wees. Tans is Eskom se opwekkingskapasiteit omtrent 40 000MW.

Anglo American is deel van die inisiatief nadat seniorbestuur gekla het dat die proses moeisaam verloop. Die meeste aansoekers is internasionale maatskappye wat met swart bemagtigingsvennote saamwerk.

Hulle sal teen November gevra word om formele aanbiedinge voor te lê. Die ooreenkomste sal na verwagting teen 2010 geteken word en die projekte sal tussen 2012 en 2017 begin krag lewer.

Die kontrakte sal vir 25 jaar geldig wees.

free casinoФильчаков Харьков

Rand daal tot R11 per dollar

10:00:11 As gevolg van dalende wêreldbeurse, het die rand oornag tot byna R11 per dollar verswak. Vroeg vanmore is die rand deur banke op R10,84 per dollar gekwoteer. Teen die euro verhandel die rand teen R14,48 en teen die Britse pond staan die rand op R18,68.

Goud is ook laer op $842,30 per fynons.

Beleggers in globale markte soek tans na 'n veilige hawe vanweë die dalings in eiendom en aandele. Die dollar en jen baat by die sogenaamde "vlug na kwaliteit" wat aan die gang is. Dit lei ook daartoe dat buitelandse beleggers hul fondse vanuit Suid-Afrika onttrek terwille van die groter geldeenhede.

Oornag het die Amerikaanse aandelemark weer skerp gedaal ná slegte kleinhandelverkoopsyfers in die VSA. Die Standard & Poors 500-indeks het die grootste persentasieverlies sedert Swart Maandag op 19 Oktober 1987 beleef met 'n daling van 9,03% tot  907.84. Die Down Jones-nywerheidsindeks van 30 aandele het met 7,87% afgeneem tot 8577,91.

Ook in Asië het beurse vanoggend skerp gedaal met die Nikkei in Tokio wat met 11,41% tot 8 458,45 getuimel het. Europese markte het vanoggend net ná die openinge met meer as 5% gedaal.

стенд сход развал купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Motorverkope in Europa kry erge knou

Image15:53:11 Hoë brandstofpryse en verskerpte ekonomiese onsekerheid het veroorsaak dat Europese motorverkope skerp gedaal het in September.  Die industrievereniging het gesê dat voertuigregistrasies op die laagste vlak in ‘n dekade is.

Jaarlikse registrasies het gedaal met 8,2 % verlede maand, het die Europese Voertuigvervaardigersvereniging gesê. Dis te wyte aan die nadraai van die globale finansiële krisis wat Europa ook tref.

Kliënte is toenemend huiwerig om groot uitgawes te maak, en vind dit ook moeiliker om finansiering te verkry vir groot aankope, het die vereniging gesê. Syfers vir verkope in BMW, General Motors en ander vervaardigers vanuit die Ooste het almal gedaal.

Wat die daling buitengewoon gemaak het, is die feit dat motorverkope normaalweg ná die stadiger somermaande gestyg het. Voertuigregistrasies is af met 4,4 % gedurende die eerste nege maande van die jaar, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het die vereniging gesê.

Die daling in registrasies bevestig die feit dat die markomstandighede vererger, soos die nadraai die voertuigvervaardigers begin tref.

General Motors se verkope het met 18,1 % gedaal, terwyl BMW , die wêreldleier in luuksemotors, se verkope met 15,4 % gedaal het. Toyota het met 6,8 % gedaal en ander Oosterse vervaardigers se syfers het ook sterk dalings getoon.

Kia, Mitsubishi en Honda het onderskeidelik met 13,3%, 27,1 % en 26,3 % gedaal.

Die vereniging se 7,8%-styging in Sentraal-Europa is teengewerk met ‘n 9,3%-daling in sommige Wes-Europese markte.

Gedurende die eerste 9 maande van die jaar het nuwe motorregistrasies in die Sentraal-Europagebied met 3% gestyg, vanweë die vertoning van markte in Pole en die Tsjeggiese republiek, wat onderskeidelik met 8,8% en 10,4 % gestyg het.

In dieselfde tyd is voertuigregistrasies 5% laer in Wes-Europa in die tydperk van Januarie tot September, grootliks as gevolg van laer verkope in Spanje (22%), Italië (11,3%) en Brittanje (7,5%).

Ekonome glo dat al drie dié lande ‘n resessie in die gesig staar.

купить детские прорезыватели для зубовtopcargo отзывы сотрудников