Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag in ‘n onderhoud met die BBC verklaar dat buitelandse militêre ingryping in Sirië nie ‘n opsie is nie. Dié aankondiging is deur ontleders verwag, na die pas afgelope fiasko in Libië, waar Britse, Franse en Amerikaanse inmenging tot ‘n burgeroorlog gelei het na die afsetting
Twee Metropolisielede vas
Twee Johannesburgse metropolisiebeamptes is Donderdag in hegtenis geneem vir bedrog, afpersing en dwarsboming van die gereg. Die departement se interne eenheid het hulle in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n uitkenningsparade uitgewys is, het sup. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê. Die beamptes het na bewering die bestuurder van ‘n maatskappy onder valse voorwendsels in hegtenis geneem.
Vavi tree in om onbeskermde staking te red
Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie, Zwelinzima Vavi, het stakende mynwerkers by Impala Platinum se Rustenburg-myn gevra om terug te gaan werk toe. Hy het mynwerkers op die dorp toegespreek. Vavi sê ‘n verhoging wat aan werkers by die Impala Platinummyn se aanleg op Rustenburg in Noordwes aangebied is, behoort vir al sy werkers te geld.
Zuma-teenstand met geweld onderdruk
Twee mense is in hegtenis geneem na aanleiding van geweld tydens president Jacob Zuma ANC se Sefako Makgatho-eeufeeslesing in Kaapstad Donderdag, het die polisie gesê. ‘n Kameraman van SABC is aangerand terwyl hy ‘n betoging teen Zuma buite die sentrum afgeneem het. “Ons het twee mense hegtenis geneem op aanklagte van aanranding. Die voorval is
VF+ skrik nie vir toldreigemente nie
“Die Vryheidsfront Plus glo dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan, ‘n diskriminerende pryslokval vir die padverbruikers van die Gauteng-tolhekstelsel in sy begroting gister gestel het. Die party is nie gelukkig met die klaarblyklike toegewing van ‘n plafon van R550 wat gestel is vir die betaal van tolfooie nie. Die projek moet eerder in sy
Wit asielaansoeke klim
‘n Suid-Afrikaanse gesin wat desperaat is om in die VSA te bly weens rassisme in Suid-Afrika, was geskok om te hoor dat die media weet van hulle aansoek. “Hulle was geskok om te hoor dat ‘n verslaggewer inligting soek en hulle het geen kommentaar nie. Hulle wil beslis nie uitpraat nie as gevolg van privaatheid
Die reuk van vrot appels
‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle “slagoffers van rassisme” sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig. Volgens die berig probeer die familie se regshulp akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te verleen. Die familie wou nie met die media
Helpende Hand-werker verkrag glo seun
‘n Hawelose 12-jarige seun is na bewering verkrag deur ‘n amptenaar van die vakbond Solidariteit se liefdadigheidsarm, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het. Die kind het sy selfoon gebruik om die verkragting aan te meld. Die insident het glo plaasgevind buite Gordonsbaai by ‘n karavaan wat deur die Helpende Hand Fonds aan die kind
Terug na die plaas
Hordes mense skuifel verby die tafels van stadig-gebroude koffie, truffelgegeurde koue vleise, en tuisgemaakte roomys met vinkelstuifmeel en perskemoes. Die voormalige Kaapstadse koekiesfabriek, wat nou omvorm is in ‘n chic stedelike omgewing, is net een van die gourmet-markte wat opgeduik het in Suid-Afrika vir “foodies” oftewel smulpape op soek na handgemaakte goedere teenoor massa-vervaardigde produkte.
De Vos begryp nie regsimplikasie van sy tirade
Die ANC-kollaborateur prof. Pierre De Vos van Wes-Kaapland Universiteit beskuldig dr. Pieter Mulder van “historical amnesia” op sy blog. Die eerste vyf paragrawe van sy emosionele tirade poog om ‘n skuldgevoel by blankes aan te wakker. Daarna beroep hy hom op die volgende twee koloniale wette om aan te toon dat blankes grond van swartes
