De Vos begryp nie regsimplikasie van sy tirade

Die ANC-kollaborateur prof. Pierre De Vos van Wes-Kaapland Universiteit beskuldig dr. Pieter Mulder van “historical amnesia” op sy blog.

Die eerste vyf paragrawe van sy emosionele tirade poog om ‘n skuldgevoel by blankes aan te wakker. Daarna beroep hy hom op die volgende twee koloniale wette om aan te toon dat blankes grond van swartes gesteel het; twee wette wat lank voor die ontstaan van die Nasionale Party van destyds in 1914 geskryf is:

Die Glen Grey Act van 1894 en die Native Land Act van 1913.

Die Glen Grey Act “excluded property ownership altogether as a voting qualification for blacks who held under Glen Grey title”. Hierdie wet sou ook Xhosa-mans van hulle land afgedwing het om buite hulle land te gaan werk. Nou-ja, hierdie is die werk van Britse imperialisme waaraan die Afrikaner nie aandadig is nie. Belangrik is egter die gebruik van die begrippe “forcing Xhosa men off their land”. De Vos maak dus tog ‘n onderskeid tussen die grond van die Xhosas teenoor die grond van die koloniale bewindhebbers.

In 1913 het die Unie Parlement, dus slegs drie jaar na Uniewording, die sg. Native Land Act tot stand gebring. Die bedoeling hiervan was om as deel van die sg. “Native Areas” … “to incorpurate all the African reserves”.

Dit nou teen die agtergrond van twee Afrikanervryheidsoorloë teen Britse oorheersing. In die laaste oorlog is die Boere Republieke hulle vryheid ontneem en 27 000 vrouens en kinders en slegs 3000 Afrikaner manskappe het gesterf. Hierdie wet se bedoeling was volgens De Vos:

· Om grondeienaarskap buite die reserwes onmoontlik te maak.

· Om segregasie van die rasse te formaliseer.

· Om 22 miljoen hektaar grond (sowat 7 per sent van die grond in die Unie) tot Naturelle reserwes te verklaar.

· Om te verseker dat slegs swartes (met die uitsluiting van wittes) grond in die Naturelle reserwe sal besit.

Dit wil voorkom asof die 1913-wet dus die kollektiewe besit van stamgrond vir en ten behoewe van die swart stamme deur stamkapteins gelegitimeer het.

De Vos kan gerus, in die lig van die huidige boerderyprestasie van swart landeienaars buite die stamgebiede, ‘n projeksie maak van wat sou gebeur het as die 1913 wet nie op die wetboek geplaas is nie. Anders gestel, hoeveel van die tradisionele stamgrond sou vandag nog in swart hande gewees het as blankes en Indiërs die reg gehad het om genoemde grond destyds op die ope mark te koop. Weinig, indien enige!

Nog verder, het die ANC-regering sedert 1994 die grond in die stamgebiede wat in kollektiewe grondbesit is, vir die gewillige-koper en -verkoper oopgestel? Ek twyfel!

Selfs nou, as stamgronde vir almal oopgegooi sou word, sal swartes nog die grond verloor wat hulle andersins onder die segregasie- en latere sg. apartheidswette as kollektiewe stamgrond behou het.

De Vos redeneer gevolglik op sodanige manier dat hy nie die implikasies van sy kritiek op blankes besef nie. Hy slaan gewoon die kitaar omdat hy as juris deur die ANC ruim vir sy betrokkenheid en legitimasie van ANC-beleid vergoed word.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae