Vavi tree in om onbeskermde staking te red

Die hoofsekretaris van die vakbondfederasie, Zwelinzima Vavi, het stakende mynwerkers by Impala Platinum se Rustenburg-myn gevra om terug te gaan werk toe. Hy het mynwerkers op die dorp toegespreek.

Vavi sê ‘n verhoging wat aan werkers by die Impala Platinummyn se aanleg op Rustenburg in Noordwes aangebied is, behoort vir al sy werkers te geld. Hy het gevra dat alle afgedankte werkers heraangestel word met dieselfde voordele as wat hulle geniet het voor die staking.

Vavi sê ‘n vergadering is vir vandag tussen Cosatu en Implats belê om die staking te bespreek. Werkers by Implats is die afgelope vyf weke op ‘n onbeskermde staking. Die myn het reeds ingestem om al 17-duisend werkers weer aan te stel.

Afgedankte mynwerkers van die Impala platinnummyn naby Rustenburg het opnuut geweier om terug te keer werk toe. Vavi het gister tussenbeide getree in ‘n poging om die staking van 5-weke te beëindig.

Die werkers wat ‘n aanbod gekry het om weer aansoek vir werk by die myn te doen, eis ‘n salaris van R9 000 ná aftrekkings. Hulle sê hulle sal slegs terugkeer as daar aan hul eise voldoen word.

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae