Die reuk van vrot appels

‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle “slagoffers van rassisme” sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig.

Volgens die berig probeer die familie se regshulp akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te verleen.

Die familie wou nie met die media praat nie as gevolg van “kommer oor privaatheid en veiligheid,” het hul advokaat, Rehim Babaoglu, gesê.

‘n Akademikus by die Universiteit van Memphis het die versoek verwerp om die “wit, Afrikaanse boere” in hul hofaansoek te help.

“Ek stel nie daarin belang om Afrikaners wat beweer dat daar teen hulle gediskrimineer word in ‘n nie-rassistiese, demokratiese, post-apartheid Suid-Afrika, by te staan nie,” het prof. Mark Behr gesê. Behr is ook ‘n wit Afrikaner.

Behr het in 1996, na die publikasie van sy gay-roman, Die reuk van Appels, by die WVK gepraat oor hoe hy as dubbele agent vir die ou regering sowel as die ANC gespioeneer het.

“In my vakkundige opinie is daar geen basis vir hul bewering nie, wat ook al hul getuienis mag oplewer.”

Behr het aan die koerant gesê hy dink geen ander akademikus sal hul bewerings ondersteun nie.

лобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae