Twee NAVO-beamptes is in die ministerie van binnelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kaboel vermoor, het amptenare gesê. NAVO het gesê ‘n “individu” het sy geweer op die offisiere gerig, maar vroeëre berigte ontken dat hy ‘n Westerling was. Afghaanse veiligheidsmagte het gesê die dooies is ‘n Amerikaanse kolonel en majoor. Plaaslike berigte in die
Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’
Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Newt Gingrich, het Donderdag gesê dat president Obama “oorgegee” het toe hy om verskoning gevra het aan die Afghaanse regering vir die verbranding van verskeie Korans by ‘n Amerikaanse militêre basis naby Kaboel. Met verwysing na die brand van “radikale Islamitiese materiaal” wat die Korans insluit, het die voormalige Huisspeaker gesê
Lees verder: Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’
Geloftevolk roskam Zuma
Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp. “Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê. “Hulle
Bosma se besoek ontketen herrie in SA
Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld. Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname). Sy party,
Kiwi’s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie
Vroeg in die vyf-en-veertigste beurt van hulle kolfbeurt (ja, met krieket kry jy beurte ín beurte; dis belangrik en ons kom weer daarby) het Faf du Plessis ’n bal van Nieu-Seelander Kane Williamson haaks na die bykant gestoot om Suid-Afrika se wenlopie aan te teken. Dit het een van die opererende beginsels van krieket –
Slordig maar lekker! Bulle beur verby Haaie
Julle sportskrywer het, vir julle kennisname en moontlike plesier, die eerste drie wedstryde van 2012 se Super Rugby-toernooi onder die loep geneem, en vir dié wat gewonder het, en miskien selfs senuweeagtig is, laat ek julle verseker, hierdie wedstryde in ag geneem, het die Suid-Afrikaanse spanne niks uit Nieu-Seeland of Australië te vrees nie. Dié
‘Occupy’ die kleinhuisie!
’n Sjinese student hoop om ’n heldin vir vroue regoor die wêreld te word deur ’n ‘Occupy’ of besettingsbeweging van haar eie te loods – in die mans se toilette. Lie Tiengtieng het opskrifte gemaak toe sy en 20 ander vroue in ’n manstoilet in die suidelike stad van Ghoeangzjoe ingemarsjeer het met kleurvolle plakkate
Praag se middagnuusbulletin
In die Hooftrekke: Studenteverkragter gearresteer. Bylmoordenaar geskik om verhoor te word Nog geweld by Implats VSA trek renosterhoringsmokkelring vas Die eerste Super Rugby-wedstryde Die jongste markaanwysers ’n Jongman is in hegtenis geneem vir die verkragting en roof van drie studente van die Universiteit van Limpopo in Mankweng, het Limpopo-polisie gesê. Dit blyk dat die man
Broodblik! Oorlog toe in ‘n Ratel
Op ’n wintersaand, Junie 1983, steek ek op pad uit die kaserne in die deur vas. Op die klein paradegrond aan die oorkant is ses Ratels in ’n halfmaanformasie, sulke kantige, dreigende masjiene in die penumbra van die aand. Hulle hoofligte glinster stip soos die oë van ’n roofdier op wag en die kragtige soekligte
Oud-Noor met warm yster doodgeslaan
‘n Vrou is gemartel en doodgeslaan met ‘n warm yster in haar huis in Dullstroom, Mpumalanga, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het. Johanna Moore (78) is in ‘n plas bloed Donderdagoggend gevind waarin sy gelê het. Sy het ernstige brandwonde oor haar gesig en arms gehad, het Beeld berig. Sy is vermoedelik Woensdagaand aangeval.
