Water in die meeste dele van die swart woongebied Diepsloot is besmet nadat die resultate van ‘n derde watertoets bekendgemaak is, het die Stad van Johannesburg, gister gesê. “Die enigste gebied wat veilig is op hierdie stadium is Diepsloot-Wes. Die Diepsloot-Wes pompe sal dus oopgemaak word vir normale gebruik later vanaand Dinsdag,” het woordvoerder Millicent
Polisie hardloop weg van Mandela- telg se ongeluk
Die polisie “het weggehardloop” van die ongelukstoneel waar Nelson Mandela se agterkleindogter dood is aan die begin van die 2010-sokkerwêreldbeker, het die Johannesburg-landdroshof Maandag gehoor. Henry Miller, Johannesburgse metropolisiebeampte, het onder kruisverhoor gesê hy is alleen agtergelaat op die toneel in die vroeë oggendure van 11 Junie. Hy het getuig in die strafbare manslag-verhoor van
Lees verder: Polisie hardloop weg van Mandela- telg se ongeluk
SA druk vir WB, IMF se transformasie
Suid-Afrika se minister van finansies, het Maandag gesê hy sal druk vir meer hervormings van internasionale finansiële instellings soos die Wêreldbank. Pravin Gordhan het dit aan verslaggewers in Johannesburg gesê ure voordat die Wêreldbank se uitvoerende raad Maandag Dartmouth Universiteit se president Jim Yong Kim, wat deur die VSA genomineer was as kandidaat, verkies het.
Cosatu dreig met massa-aksie teen e-tol
Cosatu dreig met nóg massa-optrede indien die omstrede elektroniese tolstelsel in Gauteng voortgaan. RSG berig Cosatu sê hy is steeds in gesprekke met die ANC in ‘n poging om ‘n oplossing te vind, vir die stelsel wat hy as “betreurenswaardig” beskryf. Patrick Craven, ‘n woordvoerder vir die vakbond, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se
Duitsland steun SA vir SKA
Duitsland se federale minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan sê die besluit oor wie die gasheer vir die “Square Kilometre Array”-teleskoop gaan wees, moet op ‘n wetenskaplike basis besluit word en nie polities gemotiveerd wees nie. Schavan sê egter dat Duitsland die ontwikkeling van wetenskaplike navorsinginfrastruktuur in Afrika en Suid-Afrika steun. Schavan en haar
Onenigheid in Jeugliga
Die geskil tussen die ANC en sy jeugliga het oornag oorgespoel na onenigheid bínne die jeugleiers se eie geledere. Twee lede van die liga se nasionale uitvoerende komitee het binne ure teenstrydige verklarings uitgereik. Magdalene Moonsamy het ‘n verklaring ter verdediging van haar beleerde kollega, Floyd Shivambu uitgereik ná hy die hoof van die party
Aanlynpoker raak gewild
Die kaartspel poker is besig om een van die gewildste aanlynspeletjies te raak. Mense speel dit op sosiale netwerke soos Facebook, maar ook webwerwe wat spesiaal daarvoor voorsiening maak. ‘n Mens kan dit bloot vir die pret speel met speel-speel-geld, of met regte geld dobbel. Kenners sê poker is ‘n eenvoudige spel, maar om goed
OB moet Misdaadintelligensie-aankoop ondersoek
Die Openbare Beskermer (OB), adv Thuli Madonsela, is deur die Vryheidsfront Plus versoek om die aankoop van ‘n rusoord deur die Misdaadintelligensie eenheid (MIE) aan die KwaZulu-Natalkus te ondersoek. Sy is ook gevra om alle transaksies van die MIE waar eiendomme betrokke is te ondersoek om vas te stel of dit werklik nodig was en
VF+ lê klag oor Sanral
Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag by die Verbuikerskommissie teen SANRAL lê vir die onregverdige hoë bedrag wat gehef gaan word van padverbuikers wat nie geregistreer is vir die e-skyfie nie. SANRAL het verlede week bekend gemaak dat nie-skyfie gebruikers ‘n bedrag van R1,75/km sal moet betaal in teenstelling met die R0,30/km vir e-skyfie gebruikers.
Frankryk se nuwe linkse ster skitter
Hy is Frankryk se eie Julius Malema, wat joernaliste haat en dikwels skel en vloek. Die enigste verskil is dat daar geen dissiplinêre stappe teen die nuwe anti-NAVO ster in die opkomende Franse verkiesing gaan wees nie. ‘n BBC-joernalis moes al insgelyks deurloop onder sy skerp tong. Hugh Schofield is ‘n “connard de journaliste” genoem
