Polisie hardloop weg van Mandela- telg se ongeluk

Die polisie “het weggehardloop” van die ongelukstoneel waar Nelson Mandela se agterkleindogter dood is aan die begin van die 2010-sokkerwêreldbeker, het die Johannesburg-landdroshof Maandag gehoor.

Henry Miller, Johannesburgse metropolisiebeampte, het onder kruisverhoor gesê hy is alleen agtergelaat op die toneel in die vroeë oggendure van 11 Junie.

Hy het getuig in die strafbare manslag-verhoor van die motor se bestuurder, Sizwe Mankazana, wat met die 13-jarige Zenani huis toe bestuur het ná die Sokkerwêreldbeker-konsert by Orlando Stadion.

Miller was die ongelukstoneel se fotograaf en ondersoeker. Sy werk was om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Kenny Oldwage, vir die verdediging, wou weet waarom die polisie nie beslag op die motor gelê het nie. Miller het gesê nie die stad of die polisie het die kapasiteit om ‘n motor in te sleep en dit te hou vir verdere ondersoek nie.

Hy het toe gesê die polisie het “weggehardloop” van die ongelukstoneel nadat hulle besef het dat ‘n Mandela-kind gesterf het.

In ‘n stadium het hy iemand van ‘n hoër rang gekontak om te sê wat aan die gebeur is, het hy aan die hof gesê.

Miller het gesê Mankazana se pa het gereël dat die motor verwyder word en by ‘n plek van sy keuse gehou word. Miller het die motor nie weer gesien nie.

Hy het gesê die hof moet nie ‘n meganiese fout as oorsaak van die ongeluk uitsluit nie, aangesien die petrolpedaal kon vasgehaak het terwyl Mankazana om ‘n draai gery het.

Die ongeluk het op die M1 Noord plaasgevind, op ‘n punt waar die spoedbeperking 80km/h is, het Miller gesê.

Lede van die Mandela-familie, insluitende Winnie Madikizela-Mandela, haar dogters, Zindzi en Zenani, en die kind se ma, Zoleka, was Maandag in die hof.

Mankazana se ouers was ook in die hof.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae