Al-Bashir ignoreer lasbrief

Soedan se president het na Eritrea gereis op sy eerste oorsese reis sedert die internasionale hof ‘n lasbrief uitgereik het teen hom op aanklagte van oorlogsmisdade in Darfoer.

Die Arabiese nuuskanaal Al-Jazeera het beeldmateriaal gewys van president Omar al-Bashir wat Maandag aangekom het op die Asmaralughawe en sy amptelike ontvangs.

Die besoek is nie aangekondig nie, maar die kanaal het gesê dat Eritrea die uitnodiging aan al-Bashir al in die middel van Maart gerig het.

Volgens die ooreenkoms van die Internasionale hof, is lidlande verbind daartoe om mense wat van iets aangekla is te arresteer indien die persone hulle landsgrense binnekom. Eritrea is nie een van die Internasionale hof se lidlande nie.

артезианской скважинылобановский харьков класс

De Klerk onttrek aan 2010 Vredeskonferensie

ImageVoormalige president FW de Klerk het Maandag onttrek aan die 2010 Wêreldbekervredeskonferensie in Johannesburg die week omdat die regering weier om aan die Dalai Lama ‘n visum te gee.

“Mnr. De Klerk het die besluit met groot huiwering geneem, omdat hy die 2010 Wêreldbeker en die doel en konsep van die vredeskonferensie ondersteun.”

“Hy hoop dat daar nog tyd is vir die regering om sy besluit te verander.”

“Mnr. De Klerk was in kontak met aartsbiskop Tutu en identifiseer homself met die sienswyses  van [die aartsbiskop] in die verband en met betrekking tot die weiering van die SA regering om ‘n visum toe te staan aan die Dala Lama,” het die stigting gesê.

Tutu, wat in Kalifornië was, het klaarblyklik geskryf aan president Kgalema Motlanthe en ‘n verduideliking gevra.

“Indien Sy Heiligheid se visum geweier word, gaan ek nie deelneem aan die komende 2010 Wêreldbeker se verwante vredeskonferensie nie,” het Tutu gesê.

“Ek sal die regering se optrede verdoem as skandelik, in lyn met die swak rekord by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, as totale verraad teenoor ons vryheidstryd se geskiedenis.”

“Ons gee skaamteloos toe aan druk van die Sjinese. Ek is baie ontsteld en skaam daaroor,” is hy aangehaal.

Motlanthe se woordvoerder, Thabo Masebe het Maandag aan Sapa gesê die president het Tutu se brief gekry wat ‘n verduideliking vra oor die regering se weiering om aan die Dalai Lama ‘n visum te gee.

“Ja, die president het die brief gekry. Die posisie wat ons geneem het, is dat die ‘n uitnodiging aan die Dalai Lama nie in die belang van Suid-Afrika is nie.”

Suid-Afrika het nie ‘n visum aan die Dalai Lama toegestaan nie omdat hy nie die wêreld se aandag wil aflei van die voorbereidings vir die 2010 Sokkerwêreldbeker nie.

“Die Suid-Afrikaanse regering het nie ‘n probleem met die Dalai Lama nie,” het Masebe gesê.

“Maar op hierdie stadium is die hele wêreld gefokus op die land as gasheer vir die 2010 Wêreldbeker. Ons wil hê die fokus moet op Suid-Afrika bly.”

“’n Besoek van die Dalai Lama sal die fokus vanaf Suid-Afrika verskuif na sake in Tibet.”

Masebe het gesê Sjina,’n groot handelsvennoot van Suid-Afrika, het geen rol gespeel in die besluit van die regering nie.

“Die besluit is gemaak deur die regering en nie deur die Republiek van Sjina nie,” het hy gesê.

‘n Woordvoerder vir die Dalai Lama het gesê hy is baie teleurgesteld deur die besluit.

“Dit is waar, dat Suid-Afrika, onder baie druk van die Sjinese owerhede ‘n visum vir die Dalai Lama geweier het,” het woordvoerder Thubsen Samphel aan AFP gesê.

для сваркиДанильченко Юрий прокурор

Breinvliesontsteking in Oos-Kaap

Elf Tieners word behandel vir moontlike breinvliesontsteking in die Oos-Kaap, het ‘n provinsiale woordvoerder van die gesondheidsdepartement Maandag gesê.

Dit volg na die dood van ‘n 16-jarige seun aan breinvliesontsteking in die Cecilia Makiwane hospitaal gedurende die naweek, het woordvoeder Sizwe Kupelo gesê.

Hy het gesê die 11 tieners is almal leerlinge by die Unathi Hoërskool in Cambridge, dieselfde skool waar die tiener was wat oorlede is.

Hulle het simptome getoon van breinvliesontsteking, insluitend stywe nekke, koors en hoofpyn. Sommige het ook gebraak.

Dit is nog nie bevestig of hulle werklik die siekte onder lede het nie.

Op hierdie stadium glo die dokters dat slegs 2 van hulle wel breinvliesontsteking onder lede het.

Hy het gesê ‘n reaksiespan monitor die situasie en het ouers gemaan om nie paniekerig te raak nie.

Hy het ouers aangemoedig om ‘n ogie te hou oor hul kinders vir soortgelyke simptome en om die naaste mediese fasiliteit te kontak vir hulp voor dit te laat is.

Verlede week is ‘n 2-jarige meisie dood aan breinvliesontsteking in die Frere hospitaal. Maar die tipe breinvliesontsteking was geïdentifiseer as die nie aansteeklike weergawe van die siekte.

online slots no depositалександр лобановский харьков класс

Mercedes sien rooi oor anti-Moslem e-pos

Mercedes Benz SA het twee werkers geskors nadat hulle klaarblyklik ‘n anti-Moslem e-pos gestuur het, het die maatskappy Maandag gesê.

Die 2, van die maatskappy se Centurion hoofkantoor is geskors hangende ‘n volle ondersoek, het die maatskappy se woordvoerder Annelise van der Laan aan Sapa gesê.

“Dit druis in teen ons maatskappy se filosofie en ons beskou dit in ‘n ernstige lig…ons het van die insident gehoor vanoggend (Maandag) en die twee daarna geskors.”

Mercedes Benz SA het ook verskoning gevra aan Media Review Network, die Moslem webwerf.

Die saak het opgekom nadat die webwerf ‘n e-pos gekry het wat in Engels en Afrikaans geksryf was, klaarblyklik van ‘n senior werknemer van Mercedes Benz SA.

“Die e-pos is vergesel van ‘n reeks gruwelfoto’s van ‘n kind oor wie se arm daar gery word met ‘n kar…die foto’s is vergesel van teks in Hebreeus,” het Media Review Network gesê in ‘n verklaring.

MRN het gesê dat hulle die e-pos “ neerhalend vind”. Dit stuur baie verkeerde en opruiende seine uit oor Islam en die Moslems”.

Die webwerf het die saak opgeneem met Mercedes Benz SA en ‘n verskoning gekry van die president van Mercedes Benz SA, Hansgeorg Niefer.

Niefer het Media Review Network verseker dat die werknemers uit hulle eie inisiatief opgetree het.

“Die beleid van Mercedes Benz SA tot die misbruik van maatskappy hulpbronne is een van zero-toleransie.”

Media Review Network is meegedeel dat dissiplinêre aksie ingestel gaan word.

Niefer het ook die versekering gegee dat Mercedes Benz SA sal seker maak dat so iets nooit weer sal gebeur nie, volgens die webwerf.

для девочки игрыtopcargo

Leerling gaan op moordtog in Mpumalanga

‘n Twintigjarige graad-10 leerling het Sondag met ‘n byl op ‘n moordtog gegaan in Mayflower, naby Ermelo in Mpumalanga, en na bewering 3 mense vermoor, insluitend ‘n 6-maande oue baba en 12 ander beseer.

Die man, wat na bewering aan ‘n geestesafwyking lei, het klaarblyklik ‘n mediumgrootte byl gebruik om ‘n 70-jarige vrou, en ‘n 16-jarige ma en haar 6-maande oue baba dood te kap, het kaptein Sabelo Mlangeni Maandag gesê.

“Die familie het die polisie Vrydag geskakel en gesê hy was aggressief, maar na die polisie en ambulans aangekom het, het hy kalmeer en is hy vrygelaat,” het Mlangeni gesê.

Die verdagte het weer Sondagoggend aggressief geraak en sy familie het hom vasmaak en op die vloer gelos, het Mlangeni gesê.

“Hy het op een of ander manier losgekom, ‘n byl in die hande gekry en sy broer aangeval voor hy in die straat ingegaan het en mense begin aanval het,” het Mlangeni gesê.

12 Slagoffers, van ouderdomme 10 tot volwasse is hospitaal toe geneem met ernstige wonde.

Die man het toe in die huis van die 70-jarige vrou, wat alleen gebly het ingegaan en haar met die byl doodgekap.

“Hy het daarna weer op in straat gegaan en die baba van die 16-jarige vrou doodgekap, voor hy haar ma ook doodgemaak het,” het Mlangeni gesê.

Toe die polisie op die toneel verskyn het was die man gewapen met ‘n graaf. Een van die polisiemanne at gereageer het is in die hand gewond toe hulle die verdagte probeer onder beheer bring het.

“Teen die tyd was die gemeenskap gemobiliseer en die polisie moes hom beskerm, omdat hulle hom uit die vangwa wou haal en wraak neem op hom,” het Mlangeni gesê.

Die man wat in die kop gewond is gedurende die aanvalle is hospitaal toe geneem onder polisiebewaking, maar is in die sorg van die polisie vrygelaat Maandagoggend.

Hy gaan in die Mayflower distrikshof verskyn op drie aanklagte van moord en 12 klagte van poging tot moord, en gaan na Weskoppies Psigiatriese hospitaal gestuur word vir sielkundige waarneming.

001 гсуАлександр Фильчаков Васильевич

Spanning in Israelse veiligheidsmagte

Verlede week se publikasie van ooggetuieverslae deur Israeli soldate van beweerde mishandeling van Palestynse burgerlikes in die onlangse gevegte in Gasa beklemtoon ‘n debat in Israel oor die reëls van oorlog. Maar dit ontbloot ook iets anders: die stryd tussen sekulêre liberales en gelowige nasionaliste vir beheer oor die weermag en die samelewing.

ImageVerskeie van die getuienisse wat gepubliseer is deur ‘n instituut wat ‘n voor-militêre kursus aanbied en geaffilieer is met die linkse sekulêre kibboetsbeweging, toon ‘n duidelike onverdraagsaamheid met gelowige soldate, en stel hulle voor as selfaangestelde heilige stryders.

Vir die eerste vier dekades van Israel se bestaan is die weermag – soos menige ander lande s’n – gedomineer deur die kibboetslede wat hulself as sekulêr, Westers en opgevoed beskou het. In die laaste 2 dekades het gelowige nasionaliste, insluitend baie van die setlaarsbeweging in die Westelike Oewer in meer belangrike militêre posisies inbeweeg.

In die Israelse samelewing is hulle ‘n groeiende teenwoordigheid, anders as en meer modern as die swart geklede ultra-ortodokses, wat van militêre diens vrygestel word.

“Die offisierskorps van die elite Golani-brigade is nou gepak met  gelowige regses van die voorbereidingsakademies,” het Moshe Halbertal, ‘n Joodse professor in filosofie opgemerk. Hy was ‘n medeskrywer aan die militêre etiese kode en is self polities liberaal, maar streng godsdienstig.

‘n Rabbiniese edik uit die godsdienstiges se geledere teen begenadiging van die vyand het onlangs vir nog 'n herrie gesorg. Die slagspreuk lui: “Hy wat genadig is teenoor die wrede, sal uiteindelik wreed wees teenoor die genadige.”

Die ministerie van verdediging het die rabbi oor die vingers getik oor die stelling.

коммерческая тайна украинатопкарго развод

Sjina in Galileo se wentelbaan

ImageIn die jongste van ‘n reeks struikelblokke vir die Galileonavigasiesatellietprojek, ‘n Europese poging om ‘n alternatief te bied vir die Amerikaanse GPS, lyk dit of Sjina gereed staan om ‘n frekwensie op te eis wat die Europese Kommissie wou gebruik as ‘n sekuriteitsgeoriënteerde deel van die diens.

Gesprekke tussen Europese en Sjinese amptenare was nie suksesvol om die dispuut op te klaar nie, en het nog ‘n demper geplaas op Europa se hoop om die GPS-netwerk se globale monopolie te breek, terwyl Sjina en Rusland beide voortbeweeg met kompeterende programme van hulle eie.

Die Sjinese is besig om hulle eie stelsel, Compass/Beidou te ontwerp het Sjinese amptenare aan die Internasionale Telekommunikasie Unie, die VN agentskap wat radiospektrum frekwensies toeken vir satellietgebruik, gesê. Sjina beplan om seine uit te saai op die golflengte wat Europa beoog om te gebruik vir Galileo se openbare gereguleerde diens. ‘n Gekodeerde frekwensie vir regerings, immigrasie, openbareveiligheid en potensieel militêre gebruik, gaan saam met die openbare gereguleerde diens en die Galileo se hoofdiens werk, wat beoog is om kommersieel te wees.

Omdat sommige van Sjina se satelliete na verwagting sal begin uitsaai voor die Europeërs by die frekwensie kan uitkom, beteken dit dat Sjina eienaars kan word van die frekwensie. Dit beteken dat Europa nie die golflengte mag gebruik nie tensy hulle Sjina se toestemming verkry. Sommige EU-lede, soos Frankryk raak nou bekommerd oor sekuriteit omdat hulle gekodeerde sein dalk gekompromitteer kan word.

‘n Ooreenkoms met Amerika in 2004 oor die openbare gereguleerde diens maak dit bykans onmoontlik vir Europa om die sein te kan skuif na ‘n ander frekwensie.

Europa se stryd om by te hou met die Sjinese is reeds bekend In 2002 het president Jacques Chirac van Frankryk die vrees van baie Europeërs verwoord dat die kontinent die risiko loop ‘n om tegnologiese agterloper van Amerika te word tensy dit die Galileo bou.

детский магазин игрушекФильчаков прокурор

Sokkergeesdriftiges woedend vir afrigter

Atteridgeville se Super Stadion was Sondag die toneel van woedende uitbarstings na ondersteuners van Mamelodi Sundowns probeer het om die veiligheidsheinings te storm nadat Downs 1-0 verslaan is deur Platinum Stars in ‘n Nedbank Beker se tweede rondte wedstryd.

Die woedende skare het die bloed gesoek van Henri Michel, die afrigter van Sundowns en het gedreunsing “Michel must go”.

Michel is uit die stadion geneem in ‘n polisie-Caspir. Die PSL-sekuriteit en SA polisiediens was op die toneel en het vinnig ‘n situasie wat lelik kon word ontlont aan die einde van die wedstryd.

Geen beserings of arrestasies is aangemeld nie.

Michel het verlede jaar November aangesluit by Sundowns toe hy die voormalige Bafana Bafana afrigter Trott Moloto vervang het.

Maar die voormalige Franse, Marokkaanse en Ivoorkus se nasionale afrigter het min sukses gehad met Sundowns.

no depositФільчаков Олександр Васильович прокурор

Moeilike tye laat ontkleedans aantreklik lyk

ImageWerkgewers regoor die volwasse vermaakindustrie sê hulle sien ‘n toevloei van aansoeke van vroue wat aangetrek word deur die belofte van ‘n buigbare skedule en vinnige kontant. Baie is gegradueerd en het witboordjie poste gehad tot die ekonomie ineengestort het.

“Mens sien baie meer mooi vroue wat gekwalifiseer is om baie ander dinge te doen,” het Gus Poulos, algemene bestuurder van New York se Sin City Gentleman’s Club gesê. Hy het 85 werksaansoeke gekry van een plasing van ‘n advertensie in net 1 dag op Craigslist.

In die ekonomie “verg desperate tye desperate maatreëls,” het Johnathan Alpert, ‘n New Yorkse sielkundige gesê wat kliente gehad het wat in die volwasse vermaak gewerk het.

Vir sommige is dans net ‘n tydelike manier om vir kollegebeurse of lenings te betaal. Ander sê hulle het weer hulle nismark gevind.

Dansers by Rick’s Cabaret Clubs in New York en Miami kan tussen $100,000 en $300,000 verdien in ‘n jaar – in kontant – selfs met die ekonomie wat suidwaarts draai, het klubwoordvoerder Allan Priaulx gesê.

Ontkleedansers en bestuurders het gesê hulle trek dieselfde hoeveelheid kliente, maar minder mense wat groot geld spandeer.лосины для девочки с описаниемданильченко юрий брониславович прокурор

Haaiaanval eis lewe

Image‘n 16-Jarige seun is dood nadat hy deur ‘n haai aangeval is by Tweede strand in Port St Johns in die Oos-Kaap, het die Herald Online Maandag berig.

Luyolo Mangele het deelgeneem aan ‘n branderplankry-oefening toe die haai Vrydagmiddag toegeslaan het.

Hy is aan die been gebyt en kon daarin slaag om na die strand toe te roei waar ‘n instrukteur en lewensredder hom uit die water gehaal het.

Hy is later in die hospitaal dood.

“My broer was ‘n ywerige branderplankryer wie se lewe rondom swem gedraai het,” het Mangele se broer Luyanda, 21, gesê.

In Januarie is Sikhanyiso Bangilizwe, 25, dood, na ‘n aanval deur ‘n Zambesihaai toe hy saam met kollegas by dieselfde strand geswem het.

Die besturende direkteur van die Wildekus Wagte, Khaya Mjo het gesê daar is ‘n toename in die aantal branderplankryers en dit kan die haaie lok.

Die Wildekus Wagte, die plaaslike munisipaliteit en die departement van vervoer is besig om alternatiewe metodes te ondersoek om die strand te beveilig teen haaiaanvalle.

Haainette is ‘n oplossing, maar het sommige negatiewe gevolge en kan maklik beskadig word in rowwe see, het Mjo gesê.

‘n Voorstel om elektrodes te gebruik om haaie af te weer is ook gemaak, maar omgewingsbewuste mense sal dit afkeur, omdat dit ook ander spesies kan affekteer, het Mjo aan die Herald gesê.

the best freeФільчаков Олександр Васильович прокурор