Breinvliesontsteking in Oos-Kaap

Elf Tieners word behandel vir moontlike breinvliesontsteking in die Oos-Kaap, het ‘n provinsiale woordvoerder van die gesondheidsdepartement Maandag gesê.

Dit volg na die dood van ‘n 16-jarige seun aan breinvliesontsteking in die Cecilia Makiwane hospitaal gedurende die naweek, het woordvoeder Sizwe Kupelo gesê.

Hy het gesê die 11 tieners is almal leerlinge by die Unathi Hoërskool in Cambridge, dieselfde skool waar die tiener was wat oorlede is.

Hulle het simptome getoon van breinvliesontsteking, insluitend stywe nekke, koors en hoofpyn. Sommige het ook gebraak.

Dit is nog nie bevestig of hulle werklik die siekte onder lede het nie.

Op hierdie stadium glo die dokters dat slegs 2 van hulle wel breinvliesontsteking onder lede het.

Hy het gesê ‘n reaksiespan monitor die situasie en het ouers gemaan om nie paniekerig te raak nie.

Hy het ouers aangemoedig om ‘n ogie te hou oor hul kinders vir soortgelyke simptome en om die naaste mediese fasiliteit te kontak vir hulp voor dit te laat is.

Verlede week is ‘n 2-jarige meisie dood aan breinvliesontsteking in die Frere hospitaal. Maar die tipe breinvliesontsteking was geïdentifiseer as die nie aansteeklike weergawe van die siekte.

online slots no depositалександр лобановский харьков класс