Die man, wat na bewering aan ‘n geestesafwyking lei, het klaarblyklik ‘n mediumgrootte byl gebruik om ‘n 70-jarige vrou, en ‘n 16-jarige ma en haar 6-maande oue baba dood te kap, het kaptein Sabelo Mlangeni Maandag gesê.
“Die familie het die polisie Vrydag geskakel en gesê hy was aggressief, maar na die polisie en ambulans aangekom het, het hy kalmeer en is hy vrygelaat,” het Mlangeni gesê.
Die verdagte het weer Sondagoggend aggressief geraak en sy familie het hom vasmaak en op die vloer gelos, het Mlangeni gesê.
“Hy het op een of ander manier losgekom, ‘n byl in die hande gekry en sy broer aangeval voor hy in die straat ingegaan het en mense begin aanval het,” het Mlangeni gesê.
12 Slagoffers, van ouderdomme 10 tot volwasse is hospitaal toe geneem met ernstige wonde.
Die man het toe in die huis van die 70-jarige vrou, wat alleen gebly het ingegaan en haar met die byl doodgekap.
“Hy het daarna weer op in straat gegaan en die baba van die 16-jarige vrou doodgekap, voor hy haar ma ook doodgemaak het,” het Mlangeni gesê.
Toe die polisie op die toneel verskyn het was die man gewapen met ‘n graaf. Een van die polisiemanne at gereageer het is in die hand gewond toe hulle die verdagte probeer onder beheer bring het.
“Teen die tyd was die gemeenskap gemobiliseer en die polisie moes hom beskerm, omdat hulle hom uit die vangwa wou haal en wraak neem op hom,” het Mlangeni gesê.
Die man wat in die kop gewond is gedurende die aanvalle is hospitaal toe geneem onder polisiebewaking, maar is in die sorg van die polisie vrygelaat Maandagoggend.
Hy gaan in die Mayflower distrikshof verskyn op drie aanklagte van moord en 12 klagte van poging tot moord, en gaan na Weskoppies Psigiatriese hospitaal gestuur word vir sielkundige waarneming.
