Mercedes sien rooi oor anti-Moslem e-pos

Mercedes Benz SA het twee werkers geskors nadat hulle klaarblyklik ‘n anti-Moslem e-pos gestuur het, het die maatskappy Maandag gesê.

Die 2, van die maatskappy se Centurion hoofkantoor is geskors hangende ‘n volle ondersoek, het die maatskappy se woordvoerder Annelise van der Laan aan Sapa gesê.

“Dit druis in teen ons maatskappy se filosofie en ons beskou dit in ‘n ernstige lig…ons het van die insident gehoor vanoggend (Maandag) en die twee daarna geskors.”

Mercedes Benz SA het ook verskoning gevra aan Media Review Network, die Moslem webwerf.

Die saak het opgekom nadat die webwerf ‘n e-pos gekry het wat in Engels en Afrikaans geksryf was, klaarblyklik van ‘n senior werknemer van Mercedes Benz SA.

“Die e-pos is vergesel van ‘n reeks gruwelfoto’s van ‘n kind oor wie se arm daar gery word met ‘n kar…die foto’s is vergesel van teks in Hebreeus,” het Media Review Network gesê in ‘n verklaring.

MRN het gesê dat hulle die e-pos “ neerhalend vind”. Dit stuur baie verkeerde en opruiende seine uit oor Islam en die Moslems”.

Die webwerf het die saak opgeneem met Mercedes Benz SA en ‘n verskoning gekry van die president van Mercedes Benz SA, Hansgeorg Niefer.

Niefer het Media Review Network verseker dat die werknemers uit hulle eie inisiatief opgetree het.

“Die beleid van Mercedes Benz SA tot die misbruik van maatskappy hulpbronne is een van zero-toleransie.”

Media Review Network is meegedeel dat dissiplinêre aksie ingestel gaan word.

Niefer het ook die versekering gegee dat Mercedes Benz SA sal seker maak dat so iets nooit weer sal gebeur nie, volgens die webwerf.

для девочки игрыtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae