Spanning in Israelse veiligheidsmagte

Verlede week se publikasie van ooggetuieverslae deur Israeli soldate van beweerde mishandeling van Palestynse burgerlikes in die onlangse gevegte in Gasa beklemtoon ‘n debat in Israel oor die reëls van oorlog. Maar dit ontbloot ook iets anders: die stryd tussen sekulêre liberales en gelowige nasionaliste vir beheer oor die weermag en die samelewing.

ImageVerskeie van die getuienisse wat gepubliseer is deur ‘n instituut wat ‘n voor-militêre kursus aanbied en geaffilieer is met die linkse sekulêre kibboetsbeweging, toon ‘n duidelike onverdraagsaamheid met gelowige soldate, en stel hulle voor as selfaangestelde heilige stryders.

Vir die eerste vier dekades van Israel se bestaan is die weermag – soos menige ander lande s’n – gedomineer deur die kibboetslede wat hulself as sekulêr, Westers en opgevoed beskou het. In die laaste 2 dekades het gelowige nasionaliste, insluitend baie van die setlaarsbeweging in die Westelike Oewer in meer belangrike militêre posisies inbeweeg.

In die Israelse samelewing is hulle ‘n groeiende teenwoordigheid, anders as en meer modern as die swart geklede ultra-ortodokses, wat van militêre diens vrygestel word.

“Die offisierskorps van die elite Golani-brigade is nou gepak met  gelowige regses van die voorbereidingsakademies,” het Moshe Halbertal, ‘n Joodse professor in filosofie opgemerk. Hy was ‘n medeskrywer aan die militêre etiese kode en is self polities liberaal, maar streng godsdienstig.

‘n Rabbiniese edik uit die godsdienstiges se geledere teen begenadiging van die vyand het onlangs vir nog 'n herrie gesorg. Die slagspreuk lui: “Hy wat genadig is teenoor die wrede, sal uiteindelik wreed wees teenoor die genadige.”

Die ministerie van verdediging het die rabbi oor die vingers getik oor die stelling.

коммерческая тайна украинатопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae