Pentagon ontbloot Turkse leuen oor Siriese vegvliegtuig

Amerikaanse intelligensie weerspreek Ankara, en sê die Turkse vegvliegtuig wat onlangs afgeskiet is deur Sirië, was in sy lugruim. Die Wall Street Journal van 1 Julie 2012, sê die Amerikaanse bevinding is dit eens met Sirië se weergawe en teen dié van ‘n Amerikaanse bondgenoot, Turkye. Die Turkse regering, wat tenks na die Siriese grens

Lees verder: Pentagon ontbloot Turkse leuen oor Siriese vegvliegtuig

VN-rapporteur wil Israel opskroef oor apartheid

Richard Falk, die VN se spesiale rapporteur vir Palestynse menseregte, het gesê die “diskriminerende dualistiese stelsel” deur Israel is soortgelyk aan die apartheidsregering wat vir meer as 40 jaar in Suid-Afrika gefunksioneer het. Falk, ‘n Amerikaanse regsgeleerde, is volgens Wikipedia ‘n voorstander van Wêreldregering. In gesprekke met die VN se Menseregtekommissie in Genève, het Falk

Lees verder: VN-rapporteur wil Israel opskroef oor apartheid

Ekstra sekonde lol met sagteware

Dit mag dalk nie die Y2K-storie wees nie, maar ‘n onverwagse gebeurtenis het met die wêreld se horlosies verwoesting gesaai. Die sagteware van baie van die wêreld se voorste webwerwe, was vir ure af. Sosiale nuuswebtuistes Reddit en Gawker, professionele netwerk LinkedIn, en ligginggewing Foursquare is net ‘n paar van die gewilde werwe wat nie

Lees verder: Ekstra sekonde lol met sagteware

Suid-Afrika ly onder Amerikaanse rassebeleid

{jathumbnail off} Ferdi Greyling van Beeld se rubrieke is altyd vir my so ‘n groot teleurstelling! Soms, by uitsondering, kry hy dit reg om ‘n mens met sy gedagtes te prikkel, maar meesal begin hy met fanfare en eindig dit in ‘n groteske cliché. Vandag “sukkel” hy in Boustene vir die wit gevaar met die

Lees verder: Suid-Afrika ly onder Amerikaanse rassebeleid

Die probleem met ekstremistiese gematigdes

Daar is al baie name geslinger na ‘ons’ toe. Ver-regs, ekstremiste, rassiste ensomeer is niks nuut nie. Ons sien ons self dalk as konserwatief en/of behoudend. Al hierdie name is ‘n poging om die faksies binne ons volk te identifiseer sodat ons dienooreenkomstig kan weet wie staan langs my en wie staan oorkant my. Ons

Lees verder: Die probleem met ekstremistiese gematigdes

Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

Die ANC Jeugliga het die Thaba Chweu Munisipaliteit te Sabie en Graskop in Mpumalanga gedwing om hul kantore te sluit en het munisipale werkers verhoed om met hul werk voort te gaan. Amptenare is glo na bewering gedreig met die woorde: “I am telling you to switch off your computer and go home, this is

Lees verder: Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

‘n Heerlike ete uit die vullisdrom

Op ‘n warm somersaand in ‘n Madridpark sit sowat 30 mense aan vir ‘n heerlike opelug-maaltyd van gesoteerde groente en mengelslaai – vars uit die vullisdrom. Dit is gemorskos, baie letterlik, op die Spaanse manier. Om afval te beveg, is hierdie groep van omgewingsbewustes besig om kos te versamel vir ‘n “gemorskos” eet-ervaring, oop vir

Lees verder: ‘n Heerlike ete uit die vullisdrom

FW, Zille, Kallie Kriel hou saam konferensie

In reaksie op die ANC se pas afgelope beleidskonferensie in Midrand, is die FW de Klerkstigting besig om sy eie konferensie in Johannesburg op 25 Julie te organiseer waar FW de Klerk, Helen Zille en Kallie Kriel van Afriforum as sprekers sal optree. Volgens die omsendbrief van die FW de Klerkstigting, wat ‘n hele paar

Lees verder: FW, Zille, Kallie Kriel hou saam konferensie

Oz kondig swaar koolstofbelasting aan

Australië, een van die wêreld se ergste besoedelaars per kapita, het Sondag ‘n omstrede koolstofbelasting aangekondig in ‘n poging om klimaatsverandering te bekamp. Premier Julia Gillard het die stap verwelkom te midde van waarskuwings deur die opposisie. Duisende betogers het die strate van Sydney Sondag ingevaar om te betoog teen die korporatiewe koolstofbelasting wat sal

Lees verder: Oz kondig swaar koolstofbelasting aan

San skouer ANC uit Kruiper-begrafnis

Die tradisionele Khoisan-leier, Oom Dawid Kruiper, is Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis in Andriesvale in die Kalahari begrawe. Die voorsitter van die Boesman-raad, Andries Steenkamp, het die staatsbegrafnis gekritiseer. “Hierdie is nie die tipe begrafnis wat Oom Dawid sou wou gehad het nie… hy sou verkies het dat die geld op sy veldskool spandeer geword het.”

Lees verder: San skouer ANC uit Kruiper-begrafnis