Die Leeus en die Cheetahs het hulle Super Rugby-veldtog met ’n soort lae-intensiteit skermutseling van stapel gestuur, en, soos meermale in die verlede, het die katte van die Noorde die Sentraalkatte met twee punte geklop. Dié keer was die telling 27-25. In hierdie fase van elke seisoen is die begrip “roes” ter sprake, maar gister
Stormers, onder Rassie se skaduwee uit, planloos en hopeloos
Was die WP/Stormers-masjien van verlede jaar eintlik die maaksel van Rassie Erasmus, en indien wel, wat sal daarvan oorbly na hy daar vort is? In alle waarskynlikheid, en bitter min, blyk die antwoorde te wees na die Kapenaars se skokkende vertoning in hulle wedstryd gisteraand teen die Hurricanes. Die Kaapse spanne van verlede jaar was
Lees verder: Stormers, onder Rassie se skaduwee uit, planloos en hopeloos
Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge – ná Martin Bosma se besoek
Een van die merkwaardige dinge wat die afgelope jaar of twee gebeur het, is die wyse waarop die Afrikanerproblematiek, selfs die Afrikanersaak, in die Nederlandse media as ‘n belangrike kwessie gevestig is. Dit het gebeur, grootliks danksy die Partij voor de Vrijheid van mnr. Geert Wilders en veral die party se skrywer en skakelman, mnr.
Lees verder: Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge – ná Martin Bosma se besoek
VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie
Terwyl die Verenigde Nasies se kernwaghond in ‘n nuwe verslag Vrydag beweer dat Iran sy uraan-verrykingsprogram versnel het, het Amerikaanse intelligensie-ontleders voortgegaan om vol te hou dat daar geen harde bewyse is dat Iran besluit het om ‘n atoombom te bou nie. Onlangse verslae deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe is oor die algemeen in ooreenstemming met ‘n
Konsternasie heers in Kaboel
Twee NAVO-beamptes is in die ministerie van binnelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kaboel vermoor, het amptenare gesê. NAVO het gesê ‘n “individu” het sy geweer op die offisiere gerig, maar vroeëre berigte ontken dat hy ‘n Westerling was. Afghaanse veiligheidsmagte het gesê die dooies is ‘n Amerikaanse kolonel en majoor. Plaaslike berigte in die
Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’
Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Newt Gingrich, het Donderdag gesê dat president Obama “oorgegee” het toe hy om verskoning gevra het aan die Afghaanse regering vir die verbranding van verskeie Korans by ‘n Amerikaanse militêre basis naby Kaboel. Met verwysing na die brand van “radikale Islamitiese materiaal” wat die Korans insluit, het die voormalige Huisspeaker gesê
Lees verder: Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’
Geloftevolk roskam Zuma
Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp. “Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê. “Hulle
Bosma se besoek ontketen herrie in SA
Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld. Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname). Sy party,
Kiwi’s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie
Vroeg in die vyf-en-veertigste beurt van hulle kolfbeurt (ja, met krieket kry jy beurte ín beurte; dis belangrik en ons kom weer daarby) het Faf du Plessis ’n bal van Nieu-Seelander Kane Williamson haaks na die bykant gestoot om Suid-Afrika se wenlopie aan te teken. Dit het een van die opererende beginsels van krieket –
Slordig maar lekker! Bulle beur verby Haaie
Julle sportskrywer het, vir julle kennisname en moontlike plesier, die eerste drie wedstryde van 2012 se Super Rugby-toernooi onder die loep geneem, en vir dié wat gewonder het, en miskien selfs senuweeagtig is, laat ek julle verseker, hierdie wedstryde in ag geneem, het die Suid-Afrikaanse spanne niks uit Nieu-Seeland of Australië te vrees nie. Dié
