Telekommunikasiekabels na die Gautengse provinsiale wetgewer is deur padwerke gebreek, het die DA se Jack Bloom Woensdag gesê. Jack Bloom, lid van die provinsiale wetgewer, het gesê die kabels wat die wetgewer toegang tot die internet gee, werk sedert Maandag nie.
DRK stuur af op nuwe humanit?re krisis
Duisende vlugtelinge het gister steeds na die oostelike dorp Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo gestroom terwyl Kongolese troepe en VN-vredestroepe soldate van die afvallige Tutsi-generaal Laurent Nkunda probeer stuit het.
SAOG-leiers moet Zim-dooiepunt oplos
“Afrikaleiers moet nou daadwerklike aksie neem om die dooiepunt tussen Zimbabwe se president, Robert Mugabe en opposisieleier Morgan Tsvangirai op te los” het Ban ki-Moon, die VN se sekretaris generaal op Woensdag gesê.
Pakistan kla oor Amerikaanse missielaanvalle
Pakistan se minster van buitelandse sake het die Amerikaanse ambassadeur ingeroep en gevra dat missielaanvalle op militante teikens in Pakistan se grens streke gestaak word.
Raak wyn polities onkorrek?
Vin de France", in 'n nuwe boek getitel, "In Vino Satanas". "Raak wyn polities onkorrek?"
Brasiliaanse Grand Prix weer die kampioenmaker
Malema het nooit regte studeer nie
Die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) het ontken dat ANC jeugliga leier, Julius Malema vir ‘n graad in regte ingeskryf het.
Die lewe in die Kolonie
09:47:29 Heel dikwels moes Afrikanervroue maar alleen die boerdery behartig as hulle mans dood is. Die kinders van die grensboer was ook al jonk selfstandig. Sommige dogters het getrou op veertien of vyftien, en seuns is op sestien as vryburgers ingeskryf. In tye van gevaar, byvoorbeeld as die San ("Boesmans") dreig, is vyftienjarige seuns onder die wapen gebring.
Dodetal in Pakistanse aardbewing gaan nog styg
Meer as 'n 100 mense is in 'n aardebeweing in Pakistan oorlede. Die skudding wat 6,4 op die Richterskaal getoon het, het die Suidweste van die land Woensdag getref en honderde huise in puin gelê. Die dodetal, het 'n provinsiale minister gesê, sal na verwagting styg.
Duisende polisielede kan nie bestuur nie
Nathi Mthethwa, die nuwe minister vir veiligheid en sekuriteit, het aan die parlement gesê dat 5733 polisiemanne nie kan bestuur nie, of nie geldige bestuurslisensies het nie.
