‘Mandela se droom van ekonomiese vryheid moet realiseer’

Oud-president Nelson Mandela se droom van ‘n ekonomies bevryde Suid-Afrika moet nog beslag kry, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê. “Sedert die 1940’s tot die aanbreek van vryheid, het hy miljoene van ons mense geïnspireer om genadeloos te veg om vryheid, demokrasie, vrede en stabiliteit te bewerkstellig,” het die president in ‘n ope brief aan

Lees verder: ‘Mandela se droom van ekonomiese vryheid moet realiseer’

ANC begryp Palestynse ‘honger vir eie grondgebied’

Ekonomiese diplomasie kan een van die mees doeltreffende wapens van verandering vir die situasie in Palestina wees, sê die adjunk-minister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman. Fransman het gesê Palestyne en hul ondersteuners, geïnspireer deur die ekonomiese boikot teen apartheid-Suid-Afrika, het vir jare probeer om sukses te behaal. “Die ministerie van handel en nywerheid het onlangs,

Lees verder: ANC begryp Palestynse ‘honger vir eie grondgebied’

Nederlander jongste plaasaanval-slagoffer

Al wat gesteel is in die jongste plaasaanval, is ‘n goedkoop selfoon. ‘n Melkboer is Dinsdagaand geskiet nadat sy aanvallers ‘n yslike boomstomp deur sy slaapkamer gegooi het, berig Beeld. Drie swart mans het die boer daarna oorval. Hibbe van der Veen is tans in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria nadat hy geskiet

Lees verder: Nederlander jongste plaasaanval-slagoffer

Vermeende Delmas-moordenaars kry borg

Drie swart mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy dagmoeder vermoor het, het elkeen borgtog van R1 000 gekry. Hul aansoek om borgtog is Dinsdag in die Delmas-landdroshof goedgekeur. Sers. Gerald Sedibe sê die mans sal op 17 Augustus weer in die hof verskyn. Fernandos Maritse (27), Enock

Lees verder: Vermeende Delmas-moordenaars kry borg

Afrikaans deel van Nederlandse verkiesing

Ten minste lees die Nederlanders deesdae weer van Afrikaans, ‘n dogtertaal wat aan die agterspeen suig in die Dietse wêreld. Danksy die PVV, die party van Geert Wilders, is Afrikaans deel van die komende verkiesing. Die opskrif in die Volkskrant lui: Verkiezingsprogramma’s over cultuur: ‘steun aan het Afrikaans’. Фільчаков прокурор

Lees verder: Afrikaans deel van Nederlandse verkiesing

Groot Afrikanerwetenskaplike vereer

Een van die mees vooraanstaande Afrikanerwetenskaplikes het as kind nog ossewa gery en  onder ‘n boom skoolgegaan in klein plaasskooltjies. Prof. Jan van der Merwe (90) is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Fisika-instituut (SAIP) vir sy lewenswerk vereer. Hy het as kind saam met sy ouers in ‘n ossewa van Angola tot in Suidwes-Afrika getrek en

Lees verder: Groot Afrikanerwetenskaplike vereer

Gautrein bars kougomkouers se borrel

Twee swart susters is glo ure lank deur Gautrein-sekuriteitswagte aangehou en met R700 beboet omdat hulle kougom gekou het, berig The Star. Die voorval het Vrydag plaasgevind. Pontso Pakkies en Lebo Sibisi het nie geweet dat kougom nie toegelaat word op die trein nie. Terwyl hulle vir die trein gewag het, het ‘n sekuriteitswag hulle

Lees verder: Gautrein bars kougomkouers se borrel

Nuwe Batman: Die slegte wit man

Dis ‘n moddergooiery in die VSA tussen Romney en Obama wat in die komende maande gaan verhewig. Hollywood se jongste mega-fliek Batman: The Dark Knight Rises, gaan ook nie aan ‘n paar volblertse ontkom nie. Die DC Comics se wit karakter Bane is die slegte ou in die jongste Batman-avontuur. Bane klink natuurlik soos Bain,

Lees verder: Nuwe Batman: Die slegte wit man

Mary Metcalfe sal nog droom van Verwoerd

Wie onthou nog vir Mary Metcalfe? Die voormalige direkteur-generaal van hoër onderwys wat ons telkemale aan die leergierigheid van swart kinders herinner het en dat hulle geneigdheid om te antwoord dat drie maal drie ses is, ‘n nalatenskap van apartheid is? Metcalfe moes gister aanbevelings aan die departement van basiese onderwys maak om Limpopo se

Lees verder: Mary Metcalfe sal nog droom van Verwoerd

Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg

Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word. Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat

Lees verder: Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg