In ’n mediaverklaring van 6 Oktober het die Vryheidsfront Plus gewaarsku dat die ANC-Jeugliga militêre opleiding ontvang in kampe in Eshowe, Kwa-Zoeloe Natal. Hierdie aksies is onheilspellend, aangesien hulle in die teken staan van militante uitsprake van ene Isaac Mahlangu, die sekretaris-generaal van hierdie Jeugliga. Blykbaar het Mahlangu woorde gebruik soos “moor die kakkerlakke uit wat in ons weg staan” wat ’n mens laat terugdink aan soortgelyke uitsprake op Hoetoe-radiostasies tydens die groot slagting in Rwanda in 1994.
Lees verder: Drie gevare