Persvryheid in Suid-Afrika is ‘n relatiewe begrip. Militêre polisie konfronteer koerantfotograaf Theana Breugem by die Thaba Tshwane-kompleks in Pretoria op Saterdag, 25 Februarie 2012, waar ‘n militêre hospitaal geleë is, na aanleiding van die nuus dat die voormalige president Nelson Mandela het in die hospitaal opgeneem. Breugem is in hegtenis geneem, aangehou en later vrygelaat
DA wil Franz Jooste se ‘haatkamp’ gesluit hê
‘n Mosie om die Afrikaneroorlewingsgroep, die Kommandokorps, se “haatkamp” gesluit te kry, is Dinsdag deur die provinsiale wetgewer van Mpumalanga aangeneem, het die provinsie gister laat weet. Die Demokratiese Alliansie se mosie is Dinsdag aangeneem, het die provinsiale woordvoerder Lebona Mosia gesê. “Ons ondersteun dit (die mosie) en stem saam dat dié ding gesluit moet
Gansveer en perkament – dis Max!
Max du Preez is die VHS-kasset van Suid-Afrikaanse politiek: Uitgedien en net vir gebruik in verouderde masjiene. Hy en die drie mense wat by geleentheid nog sy luisterlose politieke menings lees, het nog nie die nuus gekry nie: Die veldtog om die Afrikaner te kry om op te krul en die gees te gee, het
Hani én Slovo se grafte geskend
Die ANC-alliansevennote het ontdek dat nie alleen Chris Hani se graf geskend is nie, maar ook dié van Joe Slovo. Om Chris Hani se graf te skend was ‘n lafhartige daad is, het die vakbond Nehawu gister gesê. “Ons veroordeel hierdie gruwelike daad van boewery en lafhartigheid en doen ‘n beroep op die wetstoepassingsagentskappe om
Hani se graf geskend
Die graf van die afgestorwe kommunis en terrroris, Chris Hani, is gevandaliseer, het die Ekurhuleni-munisipaliteit gesê. Volgens die munisipaliteit is R23 000 se skade veroorsaak. “Werknemers [van die munisipaliteit] sê Hani se grafsteen is geskend…” het Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, in ‘n verklaring gesê. Gungubele sê dit lyk asof die grafsteen ook deur ‘n
Lekker by die skool?
‘n Graad 11-leerling is doodgesteek buite die Vorentoe Hoërskool in Auckland Park, Johannesburg, Woensdag, het ‘n amptenaar gesê. Gesondheidswoordvoerder, Charles Phahlane, het gesê die seun is glo aangeval en gesteek deur vyf mense na skool klaargemaak het vir die dag. “Die oortreders is onmiddellik in hegtenis geneem deur ‘n polisieman wat sy kind by die
Taalwet vra burgerlike ongehoorsaamheid sê PRAAG
Meer as tweehonderd jaar lank word die Afrikaanse taal in Suid-Afrika aangeval en gemarginaliseer, hetsy deur die Britse koloniale owerheid, hetsy deur die ANC-bewind. Gedurende die bewind van die Nasionale Party, is Engels toegelaat om sy rol as enigste openbare taal te behou en is Afrikaans aan sensuur onderwerp. PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) verwerp daarom
Lees verder: Taalwet vra burgerlike ongehoorsaamheid sê PRAAG
Malema-uitspraak vandag
Die ANC sal na verwagting vandag ‘n aankondiging maak oor die toekoms van die geskorste leier van die party se jeugliga. Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, sê die ANC se nasionale tugkomitee sal Woensdag vergader om bevindinge oor Julius Malema te finaliseer. “Ek kan bevestig dat daar vandag [Woensdag] ‘n vergadering sal wees. Die ANC sal
Nasyrec is ‘nie-rassig’
Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê die jeugopleidingsprogram vir jong mense is nie ‘n rassistiese program nie, maar ‘n program om jong rewolusionêres in patriotisme en landsdiens op te lei. NARYSEC, soos die program bekendstaan, wil jong revolusionêres soos die 1976-generasie aanmoedig sodat hulle die volgende vaste fondament kan lê. Suid-Afrika herdenk reeds
Proteas maak nie mooi met Swart Pette
Suid-Afrika se krieketspan het vanoggend (Boeretyd) hulle Nieu-Seelandse teenstanders in Napier, NS, gruwelik verniel en gaap-gaap met 6 paaltjies gewen. Wat die Swart Kepse veral intimiderend moet vind, is dat die volle geweld van Suid-Afrikaanse krieket hulle nog nie getref het nie. Die Proteas het baie silinders en het op almal geloop – net nie
