Die VF Plus het bewerings deur die burgemeester van die Tshwane-metroraad, mnr. Kgosientso Ramokgopa, dat daar konsensus rondom die verandering van 27 straatname in Pretoria bestaan, ontken. Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, wat self by van die veelparty-gesprekke en ander onderhandelinge betrokke was, lyk dit asof die ANC en DA hierdie veelparty-forum misbruik om
Kaptein raak beserk op vlug
‘n Passasiersvliegtuig moes ‘n noodlanding in Texas uitvoer nadat passasiers die kaptein in bedwang gebring het. Die kaptein wat uit die stuurkajuit gesluit is het dinge begin skree oor Al-Kaïda en bomdreigemente. Die vlug van die JetBlue-redery van New York na Las Vegas moes Dinsdagaand in Amarillo in Texas land ná die voorval wat volgens
Soldate in staatsdiens aangestel
Reeds byna ‘n duisend soldate is in die staatsdiens aangestel en nog 12 000 sal binne die volgende vyf jaar deur Transnet in diens geneem word, berig Beeld. Die meeste sal in veiligheidsposte by Suid-Afrika se grensposte diens doen. Lt.genl. Themba Michael Nkabinde, personeelhoof van die weermag, het gister in Pretoria gesê swart werklose jeugdiges
Wit twieter sit, swart twieters baljaar
‘n Britse student wat rassistiese kommentaar op Twitter uitgestuur het oor die swart sokkerspeler Fabrice Muamba se hartstilstand op die veld, is tronk toe gestuur vir 56 dae. Liam Stacey, 21, se twiet “LOL, **** Muamba. Hy is dood! # Haha ” is glo opgevolg met verdere rassistiese kommentaar nadat mense hom gekritiseer het. Stacey
Brics hou groot belofte in vir SA
Die 4de sessie van die BRICS-beraad (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) in Nieu-Delhi, Indië, begin vandag. President Jacob Zuma beoog om Suid-Afrika daar te posisioneer as ‘n globale mag wat opkomende Afrika-ekonomieë van internasionale platforms sal voorsien. Zuma sal vergesel word deur die ministers van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Maite Nkoana-Mashabane en handel
‘Afrikaners word nie gehaat nie’
Afrikaners word nie gehaat nie en hulle helde word nié geteiken in die proses om om die straatname van Pretoria te verander nie, het die stad se burgemeester gesê, volgens Beeld. “Dit is nie die geval nie. Die Afrikaner word nie gehaat of verag nie, maar dit is ‘n feit dat al die strate in
Die Afrikaner se digitale hoofweg na vryheid
Die Afrikaner, en hieroor is daar geen twyfel, het in slawerny verval, en dit in ‘n uiters seldsame en bisarre vorm. Gewoonlik word slawe uit ‘n meerderheid getrek om ‘n sterker en skranderder minderheid te dien. In ons geval is dit net andersom. Die Afrikaner is die hardwerkendste, mees intelligente en suksesvolle volk in Suid-Afrika,
Mandela het hom aangestel, sê Basson
Kardioloog dr Wouter Basson het aan ‘n professionele gedragskomitee Donderdag vertel dat president Nelson Mandela hom weer aangestel het by die SA Nasionale Weermag in 1995 omdat die Verenigde State van Amerika en die Britse regering hom as ‘n bedreiging beskou. Basson was in die getuiebank vir ‘n tweede dag om die klag onetiese en
Toulouse-skieter se pa irriteer Franse
Frankryk se minister van buitelandse sake, Alain Juppe, het Dinsdag gesê die pa van die Islamitiese skieter Mohamed Merah, wat dreig om die polisie te dagvaar ná die dood van sy seun in ‘n skietgeveg in Toulouse, moet sy kop liewer in skaamte laat sak. “As ek die pa van so ‘n monster was, sou
Ondersteuning vir Afghanistan sink dramaties
Amerikaners se ondersteuning van hul weermag in Afghanistan het volgens ‘n opname van die New York Times en CBS News dramaties gedaal. Byna 70 persent van die respondente glo die Amerikaanse soldate moet nie daar wees nie. Dit is die hoogste vlak sedert 2009 wat aangeteken is, toe die vraag vir die eerste keer in
