Amerikaners se ondersteuning van hul weermag in Afghanistan het volgens ‘n opname van die New York Times en CBS News dramaties gedaal. Byna 70 persent van die respondente glo die Amerikaanse soldate moet nie daar wees nie.
Dit is die hoogste vlak sedert 2009 wat aangeteken is, toe die vraag vir die eerste keer in ‘n opname gevra is. In November, het net 53 persent van die respondente so gedink.
Verlede November, het slegs 42 persent van die respondente hulself dienooreenkomstig negatief uitgespreek toe hulle gevra is of dit sleg gaan in Afghanistan. Nou dink byna 90% dat dit slegter gaan as toe.
Onlangs was daar baie negatiewe verslae uit Afghanistan: ‘n Amerikaanse soldaat het 17 burgerlikes vermoor. Voorheen was daar massiewe protes regoor die land teen die koalisiemagte nadat Amerikaanse soldate in die militêre basis by die Bagram afskrifte van die Koran verbrand het.
Volgens die amptelike rooster wil NAVO uit Afghanistan wees teen 2014. Afghanistan se president Hamid Karzai het die Weste onlangs verras en gesê NAVO moet so vroeg as 2013 onttrek.
‘n Oorweldigende meerderheid van Afghane (94 persent) is ten gunste van ‘n ooreenkoms met die Taliban en ander insurgente. Vir die studie deur PTRO is 4763 Afghane van 16 van die 32 provinsies in die land ondervra, dus is dit taamlik verteenwoordigend.
Tot dusver is vrede in Afghanistan nie in sig nie. As ‘n struikelblok vir ‘n vrede meen byna die helfte van die Amerikaanse respondente (48 persent) die invloed van Iran en Pakistan speel ‘n rol en 42% glo die teenwoordigheid van die internasionale troepe is ‘n struikelblok. Drie-en-twintig persent glo nog ‘n rede is die gebrek aan geloofwaardigheid van die regering. Meerdere antwoorde was moontlik.
