Toulouse-skieter se pa irriteer Franse

Frankryk se minister van buitelandse sake, Alain Juppe, het Dinsdag gesê die pa van die Islamitiese skieter Mohamed Merah, wat dreig om die polisie te dagvaar ná die dood van sy seun in ‘n skietgeveg in Toulouse, moet sy kop liewer in skaamte laat sak.

“As ek die pa van so ‘n monster was, sou ek my mond uit skaamte gehou het,” het Juppe aan Radio Classique gesê.

‘n Senior adviseur vir pres. Nicolas Sarkozy, Henri Guaino, het ook sy woede te kenne gegee Merah senior, Mohamed Benalei, se dreigement.

“Dit is sy reg, maar net een woord kom by my op: onvanpas,” het hy aan France Culture-radio gesê.

“Hierdie kêrel was ‘n monster wat koelbloedig vermoor het.”

Mohamed Merah, ‘n 23-jarige Franse burger van Algerynse afkoms, is Donderdag ná 32 uur se onderhandelings met die polisie doodgeskiet.

Hy het die lewens van sewe mense in die suidweste van Frankryk op barbaarse wyse geneem.

Sy pa het Maandag aan AFP gesê hy beplan om Franse owerhede te dagvaar omdat sy seun doodgeskiet is, eerder as om hom lewend in hegtenis te neem.

“Frankryk is ‘n groot land met die hulpbronne om hom lewend te neem. Hulle kon hom met gas aan die slaap gemaak het en daarna gevang het,” het hy gesê.

“Hulle het verkies om hom dood te maak.

“Ek sal die prokureurs met die grootste name vind en vir die res van my lewe werk om hulle te betaal. Ek sal Frankryk dagvaar omdat my seun doodgemaak is.”

александр лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae