Vroeër vandeesmaand het nog 'n mislukte geval van "grondhervorming" onder die publiek se aandag gekom. 'n Plaas-vakansieoord naby Brits wat in Januarie 2008 onteien is, lê verwaarloos terwyl toerusting en waterpompe gesteel is. Karkasse van diere wat van dors dood is, lê oral rond.
Foto's van die plaas kan in ons galery onder die opskrif nuus besigtig word. Volg die skakel. Let asb op dat dit foto's van dooie diere bevat en sensitiewe besoekers mag onstel word daardeur.

John McCain se veldtogbestuur het die New York Times kaalvuis gepak. Hulle beskuldig die koerant daarvan dat hulle Obama openlik ondersteun.
Meer as 10 000 mense het verlede naweek in die Sweedse stad van Malmoe opgeruk teen globalisering. Die optog is gereël om saam te val met die byeenkoms van die Europese Sosiale Forum.