Swede ruk op teen globalisering

ImageMeer as 10 000 mense het verlede naweek in die Sweedse stad van Malmoe opgeruk teen globalisering. Die optog is gereël om saam te val met die byeenkoms van die Europese Sosiale Forum.

Die reuse optog het uit die voorstad Rosengaard vertrek en is een van die grootste betogings wat nog ooit in Swede gehou is. Die duisende mense is vermaak op die maat van straatorkeste.

Die roete was ongeveer 7,5km lank en het in die hartjie van die stad geëindig sonder voorval. 'n Aansienlike polisieteenwoordigheid het oral die roete aangedui. Daar was voor die optog voorvalle van geweld toe 'n 100 oproeriges uit 'n groep van 700 vensters gebreek het in die middestad.

Thor Rutgersson, 'n vyf-en-twintig-jarige onderwyser, het aan AFP gesê dat mense byeengekom het omdat hulle almal dieselfde voel. Hulle wil beter toestande vir armes, werkers en studente sien en armoede uit Europa verdryf.

Piotr Ostrowsky het gesê dis belangrik dat Oos-Europa ook aan die optog deelneem. Hy was deel van die Poolse Konfederasie vir Vakbonde se afvaardiging, die OPZZ.

Dit is die vyfde byeenkoms van die Europese Sosiale Forum.

на кухнеОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae