Cosatu se staking goed bygewoon

Omtrent 80% van alle werkers het gister weggebly om betogings wat deur Cosatu in Kwazulu-Natal georganiseer is by te woon.

Hulle maak beswaar teen stygende kos- en branstofpryse.

Sekere sektore van die provinsie se ekonomie is deur die vakbond se oproep tot stilstand gedwing.

Dit was die eerste van 'n landwye reeks betogings wat deur Cosatu beplan word.

Volgens die waarnemende uitvoerende beampte van die Durbanse kamer van koophandel, Denise Chendip, word die verliese wat gister deur ondernemings gely is op miljoene rande beraam.

яхта на мореФильчаков

Gauteng-nommerplate gaan verander

Motoriste in Gauteng gaan aanstaande jaar hul sakke moet skud.

Hulle sal vir die provinsie se nuwe intelligente nommerplate moet betaal.

Die uitvoerende hoof van die stedelike vervoerfonds Chikane Chikane het gesê dat die nommerplate bedoel is om misdaad binne die nywerheid te beperk.

Die provinsiale departement van openbare vervoer, paaie en werke verwag dat die koste tussen R30 en R50 sal wees, wat die prys van 'n huidige stel nommerplate is.

Die provinsie beplan ook 'n tol van 50 sent per kilometer op al die vernaamste snelweë in Gauteng.

Dit sal motoriste net aanstaande jaar 'n ekstra R40 miljoen kos indien die provinsiale tol ingestel word.

Хрустальные торшерылобановский александр игоревич

Skaker verloor skietgeveg met parate burger

Image'n Bende skakers het hulle Moses Dinsdagaand in Kemptonpark teëgekom toe hulle moes bes gee in 'n skietgeveg.

Hulle het twee jong dames by 'n motorhek voorgelê.

Die vriend van een van die twee vroue sê hy het 'n voorgevoel gehad en hy het vir hulle in die huis gewag met sy pistool in die hand.

Nadat hy skote gehoor het, het hy uitgestorm en gesien hoe die verdagtes op die vroue skiet.

Hy het die skakers probeer verdryf deur 'n waarskuwingskoot af te vuur.

Toe die skakers op hom geskiet het, het hy hulle vuur beantwoord.

Twee verdagtes het hulleself uit die voete gemaak in 'n voertuig. Een het weggehardloop en 'n vierde het homself doodgeskiet toe die sekuriteit opgedaag het.

Die lyk van die verdagte wat weggehardloop het, is gisteroggend in 'n boom gevind.

Hy het 'n skietwond in die rug gehad.

постройка бани наДанильченко Харьков

Cosatu kanselleer opmars na parlement

Weens slegte weer het Cosatu besluit om sy beplande opmars na die parlement om beswaar te maak teen stygende elektrisiteits- en voedselpryse te kanselleer. Cosatu het vroeër aangekondig dat die betogings in Kaapstad en Durban as 'n volle eendagstaking gesien moet word.

 
Die federasie se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich het gesê dat daar pleks daarvan 'n binnenshuise massavergadering in die Kaapse Goeiehoopsentrum sal plaasvind. Die vergadering sou net na twaalfuur vanmiddag begin het.

Hy het gesê die organiseerders is ingelig dat die luisprekerstelsel wat op vragmotors gemonteer is in die reën die gevaar van elektriese skokke vir die sprekers inhou en daarom is besluit om die buitemuurse betoging af te las.

ігри для дєвачєкАлександр Фильчаков

Toelaes gaan dalk styg

Die ANC-regering oorweeg dit om maatskaplike toelaes te verhoog in reaksie op hoë voedselpryse.

Manto Tshabalala-Msimang, die minister van gesondheid, het gesê dat armoede, honger en wanvoeding steeds ernstige uitdagings verteenwoordig wat 'n invloed op gesondheid het.

Die minister ly self aan 'n aanval van bronchitis en griep en het gedurende die mediakonferensie gehoes.

Die regering sê dat hy nie nog nie pryse wil reguleer nie.

Tshabalala-Msiman het ook 'n beroep op mense gedoen om hul eie groente te kweek.

как сделать декоративный камин в квартиреалександр лобановский класс

Zikalala terug by die SAUK

Die heraanstelling van Snuki Zikalala by die SAUK kan meer interne konflik by die openbare uitsaaier beteken.

Sy skorsing is opgehef na onderhandelinge tussen Zikalala en die KVBA.

Zikalala het die SAUK by die KVBA aangekla nadat hy deur die uitvoerende bestuurder, Dali Mpofu, geskors is.

Mpofu het Zikalala daarvan beskuldig dat hy vertroulike inligting aan die media vrygestel het.

Zikalala geniet die ondersteuning van die SAUK-raad se voorsitter Khanyi Mkhonza en Mpofu is deur die SAUK-raad geskors slegs enkele ure ná Zikalala se skorsing.

roulette win calculatorФильчаков прокурор харьков

Man deur polisie aangerand

Image

Foto: Steve Woods

Fanie Kriel van Monumentpark is deur twee polisiebeamptes aangerand nadat hy besittings by sy oorlede moeder se woonstel in Roodepoort gaan haal het.

'n Buurman het blykbaar die polisie gebel toe dié gesien het hoe hy die goedere in sy motor laai. 'n Manlike en vroulike polisiebeampte wou nie na sy verduideliking luister nie en het hom onmiddellik geboei en met 'n knuppel begin slaan.

Die polisievrou het hom herhaaldelik op die rug, kop, nek en skouers geslaan en traangas in sy gesig gespuit. Hy is in 'n sel gesmyt en eers drie-uur in die oggend vrygelaat.

Kriel is agterna in 'n hospitaal in Centurion opgeneem waar hy tans behandeling vir sy beserings ontvang.

diamond dogs videoФильчаков прокурор

Gautrein-werke gestaak na sinkgatinsident

Inspekteurs van die departement van minerale en energie het die Bombela-konsessiemaatskappy gelas om ondergrondse werk in Rosebank, Johannesburg te staak.

Gister het 'n twaalf-by-agtmeter gat in Oxfordweg verskyn.

Verkeer moes omlei word.

Ministerie-segsman, Bheki Khumalo, sê rotsingenieurs moet eers inspeksies uitvoer om seker te maak dat dit veilig is om in die omgewing te boor,.

Die sinkgat se verskyning word toegeskryf aan boordery wat deur Bombela uitgevoer is.

Werkers het skynbaar 'n hoofwaterleiding getref tydens 'n booroperasie.

Die hoofsuperintendent van die metropolisie, Wayne Minnaar, sê Oxfordweg kan vir so lank as twee weke gesluit wees.

лосины девочка 7 летtopcargo

Nog 2010-probleme

Image

Foto: Michi Beck

Suid-Afrika se voorbereidings vir die 2010-sokkerwêreldbekertoernooi het weereens 'n haakplek opgedoen.

Een van die stadions in aanbou is weggelaat vir die 2009-konfederasiebekertoernooi.

Irvin Khoza, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee, sê dit is duidelik dat die Nelson Mandelabaaistadion in Port Elizabeth nie betyds gereed sal wees nie.

Die konfederasiebeker word as 'n belangrike toetslopie vir die wêreldbeker beskou wat in 2010 deur Suid-Afrika aangebied word.

Die een-komma-tweemiljardstadion is een van verskeie waarvan die konstruksie deur arbeidsonrus belemmer is.

best social mediatopcargo отзывы сотрудников

Hulle is rassiste, s? Zimbabwe

Die Zimbabwiese regering het die ergste belediging gebruik in reaksie op berigte van verskerpte sanksies teen President Robert Mugabe en sy trawante.

Die adjunk-minister van inligting, Bright Matonga, sê die leiers van die G8-lande is rassiste wat dink wit mense het beter denkprosesse as die swart mense van Afrika.

Hy sê dit word deur hulle pogings om Mugabe en sy vertrouelinge te isoleer, gedemonstreer.

Die G8-lande en meeste lidlande van die Verenigde Nasies is ten gunste van 'n algehele reisverbod op Mugabe en sy binnekring.

Hulle wil ook die bates van Mugabe en sy kamerade bevries. детские жакеты для девочектопкарго развод