Zikalala terug by die SAUK

Die heraanstelling van Snuki Zikalala by die SAUK kan meer interne konflik by die openbare uitsaaier beteken.

Sy skorsing is opgehef na onderhandelinge tussen Zikalala en die KVBA.

Zikalala het die SAUK by die KVBA aangekla nadat hy deur die uitvoerende bestuurder, Dali Mpofu, geskors is.

Mpofu het Zikalala daarvan beskuldig dat hy vertroulike inligting aan die media vrygestel het.

Zikalala geniet die ondersteuning van die SAUK-raad se voorsitter Khanyi Mkhonza en Mpofu is deur die SAUK-raad geskors slegs enkele ure ná Zikalala se skorsing.

roulette win calculatorФильчаков прокурор харьков