Hulle maak beswaar teen stygende kos- en branstofpryse.
Sekere sektore van die provinsie se ekonomie is deur die vakbond se oproep tot stilstand gedwing.
Dit was die eerste van 'n landwye reeks betogings wat deur Cosatu beplan word.
Volgens die waarnemende uitvoerende beampte van die Durbanse kamer van koophandel, Denise Chendip, word die verliese wat gister deur ondernemings gely is op miljoene rande beraam.
