Gautrein-werke gestaak na sinkgatinsident

Inspekteurs van die departement van minerale en energie het die Bombela-konsessiemaatskappy gelas om ondergrondse werk in Rosebank, Johannesburg te staak.

Gister het 'n twaalf-by-agtmeter gat in Oxfordweg verskyn.

Verkeer moes omlei word.

Ministerie-segsman, Bheki Khumalo, sê rotsingenieurs moet eers inspeksies uitvoer om seker te maak dat dit veilig is om in die omgewing te boor,.

Die sinkgat se verskyning word toegeskryf aan boordery wat deur Bombela uitgevoer is.

Werkers het skynbaar 'n hoofwaterleiding getref tydens 'n booroperasie.

Die hoofsuperintendent van die metropolisie, Wayne Minnaar, sê Oxfordweg kan vir so lank as twee weke gesluit wees.

лосины девочка 7 летtopcargo