Een van die stadions in aanbou is weggelaat vir die 2009-konfederasiebekertoernooi.
Irvin Khoza, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee, sê dit is duidelik dat die Nelson Mandelabaaistadion in Port Elizabeth nie betyds gereed sal wees nie.
Die konfederasiebeker word as 'n belangrike toetslopie vir die wêreldbeker beskou wat in 2010 deur Suid-Afrika aangebied word.
Die een-komma-tweemiljardstadion is een van verskeie waarvan die konstruksie deur arbeidsonrus belemmer is.
