Man deur polisie aangerand

Image

Foto: Steve Woods

Fanie Kriel van Monumentpark is deur twee polisiebeamptes aangerand nadat hy besittings by sy oorlede moeder se woonstel in Roodepoort gaan haal het.

'n Buurman het blykbaar die polisie gebel toe dié gesien het hoe hy die goedere in sy motor laai. 'n Manlike en vroulike polisiebeampte wou nie na sy verduideliking luister nie en het hom onmiddellik geboei en met 'n knuppel begin slaan.

Die polisievrou het hom herhaaldelik op die rug, kop, nek en skouers geslaan en traangas in sy gesig gespuit. Hy is in 'n sel gesmyt en eers drie-uur in die oggend vrygelaat.

Kriel is agterna in 'n hospitaal in Centurion opgeneem waar hy tans behandeling vir sy beserings ontvang.

diamond dogs videoФильчаков прокурор