AfriForum se aansoek om toegelaat te word as ‘n vriend van die hof in ‘n aksie teen die e-tol stelsel is deur die Hooggeregshof in Pretoria Woensdag van die hand gewys. Regter Bill Prinsloo het gesê dit is onvanpas vir ‘n vriend van die hof om nuwe kwessies gebaseer op vars getuienis voor te stel.
Solidariteit loods veldtog oor plaasaanvalle
‘n Veldtog is van stapel gestuur om plaasaanvalle in die kollig te plaas om dit as ‘n prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer. Die inisiatief deur die vakbond Solidariteit, Afriforum en die Kraal-Uitgewers sal tot aan die einde van die jaar geloods word, het die organiseerders Woensdag in Pretoria gesê. “Dit is onmoontlik om misdaad uit te
‘Zille raak onstabiel’
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is ‘n “teken van haar groeiende onstabiliteit”, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag gesê. “Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al ‘n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige
Petrol nóg duurder
Die departement van energie sê die hoër internasionale oliepryse beïnvloed die plaaslike brandstofprys negatief. Die prys van brandstof sal volgende week ‘n nuwe rekordvlak bereik wanneer dit met 28c per liter styg. Die styging sal Woensdag in werking tree. Diesel sal ‘n ekstra 9,4c per liter kos en paraffien sal 12c meer kos, het Fin24
E-tol deurbraak!
Regter Bill Prinsloo het Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis dat die Opposition to Urban Tolling Alliance, Outa, se saak dringend genoeg is om aangehoor te word, het Alex Eliseev van EWN uit die hof getwiet. Outa het ‘n aansoek voor die hof gebring vir ‘n dringende interdik om die e-tolstelsel in Gauteng te staak.
Polisie doof toe witte in sel deur swartes vermoor word
‘n Blanke man, Eben Meyer (47) van Kaapstad, is volgens wat Die Burger berig, in aanhouding doodgemaak deur swartes sonder dat die polisielede aan diens ‘n vinger gelig het om hom te help. Meyer, wat vir dronkenskap opgesluit is, is in die Durbanville-polisieselle aangehou saam met agt ander mense. Hy het glo tevergeefs om hulp
Lees verder: Polisie doof toe witte in sel deur swartes vermoor word
Romney het nou Obama in sy visier
Oud-goewerneur Mitt Romney het die Republikeinse voorverkiesings wat gister (Dinsdag) in vyf Amerikaanse state gehou is, loshande gewen en onmiddellik sy visier stewig en doelgerig op Barack Hussein Obama gerig. “Hou net nog ‘n rukkie uit tot 6 November. ‘n Beter Amerika begin eintlik vanaand,” het hy vroeg Woensdagoggend, SA tyd, gesê nadat hy as
‘Afpak’ sal Amerikaanse kopseer bly
Woord oor Osama bin Laden se dood aan die hande van die Amerikaanse Seals verlede jaar het algar baie laat wonder hoe die al-Kaidaleier so lank ongesiens in Pakistan kon gewoon het. In Islamabad, was daar woede oor Washington se eensydige optrede op soewereine grondgebied. Hoe kon Pakistanse owerhede nie geweet het waar hy skuil
Pakistan toets kernmissiel
Pakistan het ‘n intermediêre ballistiese kernmissiel Woensdag suksesvol getoets, het die weermag gesê, minder as ‘n week na Indië ‘n langafstandmissiel afgevuur het. Die presiese omvang van die missiel is nie bekendgemaak nie, maar afgetrede generaal Talat Masood, ‘n ontleder van verdediging, het aan AFP gesê dit sal in staat wees om teikens te tref
Amerikaanse regering wil toeslaan op internet
Die Amerikaanse kongres is besig met wetgewing wat die Amerikaanse regering en sy veiligheidasgentskappe ongebreidelde toegang tot mense se bedrywighede op die internet – in besonder op Facebook en Google – sal gee. Indien wetgewing wat dalk nog hierdie week voor die kongres kan dien, aanvaar word, sal dit die VSA-regering in staat stel om
