Polisie doof toe witte in sel deur swartes vermoor word

‘n Blanke man, Eben Meyer (47) van Kaapstad, is volgens wat Die Burger berig, in aanhouding doodgemaak deur swartes sonder dat die polisielede aan diens ‘n vinger gelig het om hom te help.

Meyer, wat vir dronkenskap opgesluit is, is in die Durbanville-polisieselle aangehou saam met agt ander mense. Hy het glo tevergeefs om hulp geroep en aan die tralies gepluk om die aandag te trek van die polisiebeamptes wat aan diens was.

Sy bebloede lyk, voos geskop en geslaan, is Saterdag kort ná 02:00 op ‘n bloedbevlekte matras aangetref in ‘n hoek van die sel. Twee swartes is intussen aangekla van moord en sal weer op 10 Mei in Belville se landdroshof veskyn.

Meyer het blykbaar by ‘n kroeg gekuier en te veel gedrink nadat hy in ‘n stryery met sy verloofde betrokke was.

‘n Getuie, wat gevra het om anoniem te bly, het gesê hy was ook Vrydagaand in die polisieselle opgesluit. Die vyf polisiebeamptes in die aanklagkantoor het gemaak asof hulle nie die hulpkrete, sowat 10m daarvandaan en reg by die aanklagkantoor, hoor nie.

Die SAPD kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae