Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie. President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog”
Duitse verskoning vir Namibiese volksmoord vorder
Die Namibiese en Duitse regerings het Woensdag by ’n mediavergadering in Berlyn saamgestem dat geskiedkundige onregte soos die volksmoord wat Duitsland gepleeg het, “reggestel” moet word. Die lande het ook ooreengekom op ’n onderhandelingsproses wat “voordelig vir albei lande en mense” is. Dr. Zed Ngavirue, Namibië se spesiale gesant vir die Duits-Namibiese dialoog oor die
Lees verder: Duitse verskoning vir Namibiese volksmoord vorder
Booswigte slaan op Bethal toe
Booswigte het op Bethal toegeslaan wat tot skietgevegte tussen hulle en die polisie gelei het. Konst. Thomas Mogadime van die plaaslike polisiestasie het bevestig dat rowers weer eens die dorp geteister het. Die Delicatessen in Chris Hanistraat is die week beroof. North City Wholesalers is ook op 4 Mei beroof. Na wat verneem word, was
OFM ‘plaasmoord’: Met ysterpyp en houtpaal
‘n Swarte wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op sy vriendin op ‘n plaas naby Smithfield, sal na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn. Petrus Lempetjhe (28) het glo sy vriendin op die plaas Haasfontein naby Smithfield met ‘n ysterpyp en houtpaal aangerand. Hy is enkele minute ná
Statistiek SA ontdek etniese seksuele teistering
Seksuele misdrywe is glo ‘n “moeilike misdaad” om te bestudeer omdat verskeie aspekte daarvan as skadeloos beskou word deur sekere gemeenskappe. Vermoedelik is dit “moeilik” omdat dit byna verbode is in Suid-Afrika om na ras en etnisiteit te verwys. Statistiek Suid-Afrika se navorsing toon dat meer vroue slagoffers word van seksuele misdrywe as mans. Die
Lees verder: Statistiek SA ontdek etniese seksuele teistering
Etniese spanning kook oor met 17 skole reeds afgebrand
Nog twee skole in die Vuwani-gebied naby Thohoyandou in Limpopo is afgebrand deur die inwoners na ‘n hofuitspraak wat teen hulle beslis het. Die Tsongas is woedend oor die Hooggeregshofuitspraak wat hul aansprake op ‘n eie taalgebied van die hand gewys het en die ANC se onwilligheid om die voortslepende etniese onderdrukking op te los.
Lees verder: Etniese spanning kook oor met 17 skole reeds afgebrand
4 Mei, Cassingadag: ‘n Ope brief aan genl. Constand Viljoen
Geagte generaal, u is bekend daarvoor dat u nie ‘n deurslaggewende staatsveiligheidsoperasie sou uitvoer, indien die vrou en kinders van ‘n invloedryke vyand soos Chris Hani moontlik daarin kon omkom nie. (Vandag hou Hani se vrou vir Janusz Waluś in die tronk, en is sy magtiger as die hof, danksy u destydse besluit.) Uit daardie
Lees verder: 4 Mei, Cassingadag: ‘n Ope brief aan genl. Constand Viljoen
Visumvrye Turkse reise na EU ‘n nagmerrie
Die Europese Kommissie gaan volgens berigte vandag voorwaardelike toestemming gee aan Turke vir visumvrye reise in die EU se Schengen-lande. Europese diplomate het die wetlike proses as ‘n nagmerrie beskryf. Turkye probeer reeds dekades lank om visumvrye reise in EU-lande te beding. Die Moslem-migrante reis nie na konflikvrye Moslemlande nie. Dit is volgens berigte deel
Karel Combrinck: Beeld voer ‘debat’
«Beeld begin vandag met ‘n reeks gesprekke oor die toekoms van die Afrikaanse gemeenskap.» Die Beeldkoerant beoog skynbaar ‘n langtermyndebat rondom die toekoms van «die Afrikanergemeenskap». ‘n Poging om dalende sirkulasiesyfers ‘n bietjie op te stoot ? In gister (3 Mei 2016) se Beeld skop twee van die hoëpriesters van die linkse pers, die Ajatolla
VN sien sy Moses in Marokko
Die Afrika-Unie se spesiale gesant vir die betwiste Wes-Sahara het gewaarsku dat dit ‘n “uiters gevaarlik presedent” vir alle VN-sendings skep as Marokko burgerlike personeel van die VN-vredesending uit Wes-Sahara skop. Dit skep ook gevare vir Noord-Afrika en die Sahel, waar ekstremistiese groepe bedrywig is. Die voormalige president van Mosambiek, Joaquim Chissano, wie in 2014
