Verkiesingsgeweld in Sierra Leone

Gevegte tussen politieke faksies het in die eerste week van die verkiesingsveldtog in Sierra Leone uitgebreek. Die land is reeds deur ‘n bloedige burgeroorlog (1991 – 2001) en daar is gehoop dat die verkiesing wat vir 11 Augustus beplan is, ‘n einde sou maak aan geweld wat die land teister.

Sedert die begin van die veldtog wat op 10 Julie afgeskop het, is konflik veral in die suide in Bo, die suid-ooste in Kailahun en in die hoofstad Freetown opgemerk. Die ICG (International Crisis Group) wat hulself daarop toespits om konflik te verhoed, het verlede week gesê dat die "binnelandse onstabiliteit ‘n ‘n werklike bedreiging verteenwoordig."

 
Hulle het bygevoeg dat Sierra Leone nog steeds ly onder die gevolge van die burgeroorlog en onstuimig bly. Dit was een van die wreedste oorloë in die onlangse verlede wat homself binne dié klein landjie in Wes-Afrika afgespeel het. Ten minste 120 000 mense is gedood en duisende is vermink. Marteling, verminking en verkragting teen die burgerlike bevolking was tewens hoofkenmerke van die stryd.

Die komende verkiesing sal die eerste wees wat sonder die hulp van buitelandse vredesmagte sal geskied. Daarom sal die kapasiteit van die land se eie veiligheidsmagte om orde te verseker van die hoogste belang wees om die verkiesing te laat slaag.

Die polisiemagte was egter verlede week bekommerd oor die stygende voorkoms van geweld. Die weermag het verklaar dat hulle bystand sal verleen om die verswakkende situasie, soos die opstand oor die naweek in Kailahun, 190 km van die hoofstad, onder beheer te hou.

Opposisiepartye beweer dat hulle deur die regerende party se lede aangeval is. "Hulle het die paaie afgesper en drie skote afgevuur. Dit was chaos, maar die geweldenaars is deur ons ondersteuners oorrompel," het die segsman van die opposisie, Mohamed Bangura, aangedui.

Die regeringsparty ontken die weergawe en sê dat hulle padversperring aangeval is. Ten minste twee mense, waarvan een ‘n suigeling, is ernstig gewond tydens die insident volgens hospitaalwoordvoerders. Die burgeroorlog het in 1991 in dié gebied uitgebreek en die regering het ‘n ondersoek na die oorsaak van die voorval gelas.

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat hulle ‘n "ferm" houding sal inneem teenoor persone wat met verkiesingsgeweld gemoeid is. Tot dusver is egter nog net twee mense aangekla in verband met voorvalle in Bo, 180 km suid van Freetown. Skermutselinge tussen die opposisie- en regeringsondersteuners het weer eens opgevlam.

Volgens Festus Minah, hoof van ‘n burgerlike inisiatief in Sierra Leone, is dit "natuurlik" en "voorspelbaar" dat "getraumatiseerde persone" uit ‘n tien jaar lange burgeroorlog só sal optree. Maar volgens prof. George Koroma, politieke wetenskaplike aan die Universiteit van Sierra Leone, is armoede die oorsaak van geweld.

Alhoewel die land ryk is aan diamante, is dit die tweede armste land op aarde. Dit was voorheen ‘n Britse kolonie. Koroma sê voorts dat die regerende party gratis voedsel en drank by hulle byeenkomste aanbied vir kiesers wat ‘n partykaart kan toon en dat dit aanleiding tot geweld gee.

ноутбук для диагностики автоЛобановский

Die lekker lewe in Afrika

Image

Christel Sassou Nguesso

Denis Sassou-Nguesso, president van Kongo-Brazzaville, is nie baie gelukkig nie. Die nie-regeringsorganisasie, Global Witness, het pas op hul webwerf besonderhede gepubliseer van Christel, die president se seun, se uitspattige uitgawes. Hierdie organisasie stel hom ten doel om korrupsie bloot te lê.

Christel Sassou-Nguesso het onberispelike smaak. Besonderhede word gegee oor sy uitgawes in Parys en Marbella. Daarvoor word betaal met geld wat uit die land se olie verdien word. Christel koop graag klere by Louis Vuitton, Dior en Chanel. Terwyl 70% van Kongolese burgers met minder as 1$ ’n dag moet oorleef, het Christel, wat die Cotrade-bemarkingsarm van die regering se oliemaatskappy beheer, in Augustus 2006 byvoorbeeld $35 000 by Louis Vuitton en Roberto Cavalli spandeer.

Global Witness het hierdie dokumente bekom tydens verskeie hofsake wat tussen Kongo-Brazzaville en sogenaamde “aasvoëlfondse“ in Londen, New York en Hongkong plaasgevind het. Hierdie “aasvoëlfondse“ is finansiële instellings wat hulle in belastingparadyse bevind en wat spesialiseer in die terugkoop van skuldbelaste Derde Wêreldlande se skuld teen lae pryse. Ten einde aan sy skuldeisers te ontsnap, het die Kongolese president besluit dat olie slegs deur middel van “aasvoëls“ verkoop sal word. Alles geskied gevolglik in die geheim.

’n Onlangse hofsaak in Hongkong het aangetoon dat die jonge Sassou-Nguesso, asook die adjunkhoof van Cotrade, Blaise Elenga, se kredietkaartrekeninge betaal word met fondse van maatskappye wat in die belastingparadys Anguilla geleë is. Hierdie firmas is Elenga Investment Limited en Long Beach Limited. Beide behoort aan Elenga en Nguesso. Dié firmas het via ander “dopmaatskappye” geld ontvang wat afkomstig is van Kongo-Brazzaville se olieverkope.

Dit is ’n bekende feit dat korrupsie en wanbestuur in die land se oliebedryf voorkom. In 2006 het Kongo-Brazzaville meer as $3 miljard uit hierdie bron verdien, maar steeds is dit een van die armste lande op die planeet.

job movietopcargo

Plan vir Irak te koop

Die bekende internetafslaer, eBay, wat alles onder die son te koop aanbied, se lotnommer 150141399174, is ‘n ongewone aanbieding. Dit behels ‘n "oplossing vir die oorlog in Irak" en word voorgestel deur ‘n Amerikaanse offisier wat ‘n spesialis in inligting is.

Onder die skuilnaam "cptnabil" skryf die kêrel dat hy vir die beste bod ‘n manier om die oorlog in Irak te ontknoop, sal beskikbaar stel. Hy sê voorts "dit is nie ‘n grap nie" en dat hy ‘n werkbare oplossing vir die konflik wat tans daar afspeel, aanbied.

 
Die Amerikaanse dagblad, die New York Post, het die verkoper as ‘n kaptein in die Infanterie geïdentifiseer. Ene Thad Krasnesky beskryf homself as ‘n inligtingspesialis wat oor goeie kennis aangaande die Midde-ooste beskik.

"Ek stem nie saam met die manier waarop die oorlog gevoer word nie", het Krasnesky aan die koerant gesê. "Ek praat die taal en ek verstaan die kultuur, geskiedenis en godsdiens genoegsaam om ‘n breedvoerige plan te verskaf, wat eerbaar is en na sukses sal lei."

Cptnabil het nie geantwoord op die navrae van nuusagentskappe wat wou hê dat hy sy identiteit bevestig nie. Hy het herhaal dat hy militêre inligting ingesamel het tydens die Golfoorlog asook die oorlog in Irak en dat hy by meer as 400 kontakopererasies se beplanning betrokke was.

Volgens hom sal moontlike belangstelling vir sy plan uit die geledere van Kongreslede of presidentsverkiesingskandidate kom. Die "oplossing" word aangebied vir 5 miljoen dollar.

Indien hy nie ‘n koper kry teen die einde van die naweek nie, sal die plan aan die beste aanbod gaan. Maandagmiddag was die beste aanbod $20,50…

 

 

silver wedding jewelry setsлобановский харьков класс

Moordenaars steeds in berge

Sterk bergwinde en moeilik begaanbare terrein in die Khomas Hochland asook die vernuf van twee voortvlugtende moordenaars in teen-opsporingstegnieke het gister die polisie se verwagte deurbraak in die moord op ‘n Duitse toeris gekelder.
 
Ondanks polisie-versterkings en ‘n kordon rondom die plase waar die 57-jarige mnr. Johannes Fellinger Sondag wreedaardig vermoor en sy vrou ontvoer is, het die moordbende waarskynlik daarin geslaag om te ontglip.
 
Die jongste inligting oor die moord- en kapingsdrama naby die geskiedkundige Francois Feste, is dat gesoek word na twee mans wat vermoedelik van Zimbabwiese herkoms kan wees. Hulle was ten tyde van die rooftog in kamoefleerdrag geklee, maar het dit later met burgerlike klere uit die vermoorde se bagasie vervang en hul eie klere uitgebrand.
 
Die Duitse ambassade in Windhoek het intussen sy volle steun aan die Namibiese polisie toegesê om die moordenaars aan te keer en die moord op een van sy landsburgers as “skokkend” bestempel.
 
Mnr. Fellinger is Sondagmiddag op die plaas Heusis net buite Windhoek doodgeskiet en sy vrou, Elke (52), ontvoer skaars 24 uur nadat hulle in die land aangekom het op ‘n vakansie wat ‘n maand lank sou duur.
 
By Francois Feste, ‘n bouvallige woning uit die Duitse koloniale era, het twee gewapende mans uit die bosse te voorskyn gekom waar me. Fellinger op haar man, ‘n internasionale kunsfotograaf uit Niederahr in Duitsland se Westerwald, gewag het terwyl hy ‘n trop bobbejane afgeneem het.
[…]
 
Daarna het die rowers vir bykans vyf ure op plaaspaaie in die omgewing rondgery voordat hulle mnr. Fellinger se lyk in ‘n droë rivierloop op die plaas Okariro, sowat 13 kilometer vanaf die moordtoneel, gelaat het. Hier het die rowers van hul bebloede uniforms ontslae geraak, dit verbrand en mnr. Fellinger se kop met klippe bedek.
 
Met me. Fellinger as hul gyselaar, het die rowers hulle op die plaaspad na Otjimbingwe bevind waar plaaseienaars onraad gemerk het oor die luukse bakkie wat doelloos in die berge rondjaag. Een van die plaaseienaars het die bakkie agtervolg en ‘n woeste jaagtog het ontstaan. Bykans 22 kilometer verder het die bakkie begin rol en een van die rowers is erg beseer.
 
Die twee het egter hul vuurwapens en ‘n tweerigtingradio op die toneel gelaat en die bestuurder het sy beseerde makker die bosse in geabba. Me. Fellinger is daarna na ‘n nabygeleë plaasopstal geneem waarvandaan sy later per ambulans na Windhoek vervoer is.
 
Polisieversterkings uit die Erongo-streek is ontbied en soekspanne wat uit die polisie, plaaseienaars en hul werkers bestaan het, het die twee voortvlugtendes agterna gesit. Maandagaand is die soektog egter met sonsonder tydelik opgeskort nadat bykans 50 kilometer in die berge afgelê is.
 
Gisteroggend sou die soekspanne en spoorsnyers hulle toespits op die plase Heusis en Neu-Heusis waar die laaste tekens van die twee moordenaars gevind is. “Ons dink hulle skuil hier iewers in die berge. Miskien bly hulle in ‘n grot, want hulle het eenvoudig net verdwyn,” het een van die spoorsnyers gister aan Republikein vertel.
 
Volgens die man, wat verkies dat sy identiteit nie gepubliseer word nie, is die twee voortvlugtendes nie “dom” nie en weet hulle hoe om teen-spoorsnytegnieke toe te pas. “Hulle vermy sagte grond, beweeg op graspolle en klippe en mislei die soekspanne. Albei van hulle is nog te voet en die een se bloeding het nou opgehou,” het die spoorsnyer verduidelik.
 
In reaksie op die moord en kapingsdrama het die Duitse ambassade in Windhoek gister aangedui dat hy die versekering van die Namibiese polisie gekry het dat alles moontlik gedoen word om die moordenaars op te spoor.
 
“Die Inspekteur-generaal was reeds met die ambassadeur in verbinding om hom te verseker van sy volle samewerking en ons vertrou dat die polisie hul uiterste bes doen,” het die adjunk-ambassadeur, me. Ute Konig, aan Republikein gesê.
 
Oor die moontlike gevare wat voorvalle soos die moord op mnr. Fellinger vir toerisme na Namibië kan inhou, het sy gesê: “Dit is ‘n skokkende voorval, maar slegte insidente gebeur oral. Dit kan gevolge inhou wat sal bepaal word deur die mediadekking wat daaraan verleen word. “In die ambassade het ons meer dikwels met gevalle van ongelukke as met moorde van toeriste te make.”

новые серии монстер хайАлександр Фильчаков Васильевич

Duitser wreed vermoor in Namibi

‘n Duitse toeris is wreed in sy vrou se arms tereggestel voordat sy ontvoer, etlike ure aangehou en op ‘n verlate bergpad in die Khomas Hochland ‘n motorongeluk oorleef het om haar nagmerrie-verhaal aan die wêreld te vertel.

[…]

Die Fellinger-egpaar se nagmerrie-ervaring het begin skaars 24 uur nadat hulle uit Kanada in die land aangekom het op ‘n fotosafari wat bykans ‘n maand sou duur.

Mnr. Fellinger, wat die foto-ateljee, Kunst-Photografie & Design, in Mittelahreweg, Niederahr, besit, het met sy aankoms in Windhoek ‘n vierwieltrek dubbelkajuitbakkie gehuur en besluit om deur die Khomas Hochland na Swakopmund te reis waar hy en sy vrou reeds Sondagaand moes oornag.

[…] 

Daarna is die egpaar na die klein monument op die plaas waar mnr. Fellinger op ‘n trop bobbejane afgekom het. Me. Fellinger het in die motor agtergebly terwyl haar man die trop wou gaan afneem. Twee gewapende mans het egter uit die niet verskyn en haar na die agtersitplek van die bakkie gedwing.

Met haar man se terugkoms, is hy ook agter in die bakkie gedwing en een van die twee rowers het die voertuig omgedraai en weer in Windhoek se rigting begin ry.

Mnr. Fellinger het hom blykbaar verset teen die wyse waarop hulle behandel is en die tweede rower in die passasiersitplek het omgedraai, ‘n 7,62 mm Tokarev-pistool teen sy kop gedruk en die sneller getrek. Hy het op sy vrou se skoot inmekaar gesak.

Die rowers het daarna in die omgewing begin rondry en van die een plaaspad na die ander beweeg voordat hulle na sowat vyf ure mnr. Fellinger se liggaam teen ‘n steil helling in ‘n rivierloop afgerol het.

Omdat albei die rowers met mnr. Fellinger se bloed besmeer was, het hulle hul klere, blykbaar kamoefleerdrag, uitgetrek, dit aan die brand gesteek en van mnr. Fellinger se klere uit sy tas gehaal en dit aangetrek.

Die twee rowers en me. Fellinger het hulle daarna met die gekaapte voertuig op die plaaspad, P-1985, op pad na Otjimbingwe bevind en kort voor sononder het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor voordat dit begin rol het.

Die passasier is erg beseer in dié ongeluk en hy is deur sy makker uit die bakkie gehelp, op sy rug getel en albei het in ‘n westelike rigting in die bosse vedwyn.

[…]

Op die ongelukstoneel was dit gister duidelik dat die Fellinger-egpaar lank reeds aan hul Namibiese uitstappie beplan het.

Mnr. Fellinger se laaste inskrywings in sy fotoregister was die taxi-fooi wat hy in Kanada moes betaal om na die lughawe vervoer te word en ‘n kort opsomming van die foto’s wat hy geneem het voordat hulle in Namibië aangekom het.

 

справкаалександр лобановский класс

Air France-personeel skop vas teen deportasies

Image

Al skreeuende terug na Afrika

Werknemers van Air France het ’n beroep gedoen op aandeelhouers van die maatskappy om voortaan te weier om vliegtuie van Air France en KLM te gebruik om onwettige immigrante terug te stuur na Afrika. Volgens die werknemers is hierdie prosedure nie net sleg vir Air France se beeld nie, maar kan die veiligheid van die bemanning en passasiers nie gewaarborg word nie.

Die algemene jaarvergadering van die maatskappy vind môre in Parys plaas. Jean-Cyril Spinetta, uitvoerende bestuurder van Air France, het verlede jaar in November verklaar dat Air France nie sal weier om die staat by te staan in die uitvoering van wettige opdragte ten opsigte van uitsettings nie.

Image

Moeder Afrika wag…

In Mei vanjaar is ’n vlug van Parys na Bamako gekanselleer ná ’n insident met ’n onwettige Maliër. Dit was ’n normale vlug en die res van die passasiers was nie bewus daarvan dat ’n onwettige immigrant in hulle midde was, op pad terug na Mali nie. Die immigrant, wat nie net onwettig in Frankryk was nie, maar ook tot tronkstraf veroordeel is, het ’n groot bohaai opgeskop net toe die deure van die vliegtuig gesluit is om gereed te maak vir opstyging. Hy het wild begin skop, byt en slaan. Die twee polisiemanne in burgerlike drag wat hom vergesel het, moes dwang toepas om hom stil te kry en vas te bind. Daar was heelwat swart passasiers in die vliegtuig, wat deur die gebeure geskok is.

Die moeilikheidmaker is uiteindelik uit die vliegtuig gedra, nadat hy klaarblyklik ’n epileptiese aanval gehad het. ’n Hele aantal polisiemanne het toe die vliegtuig betree en ’n man wat die voorval verfilm het, saamgeneem om hom in die lughawegebou te gaan ondervra. Die loods het toe besluit om die vlug te kanselleer.

Deesdae is dit algemene praktyk vir onwettige immigrante om ’n bohaai op te skop as hulle uit Frankryk gedeporteer word, terug na Afrika. Hulle hoop om sodoende genoeg verleentheid vir die Franse regering te skep sodat deportasie onmoontlik sal word om uit te voer. Sowat 20 000 onwettige immigrante is in 2005 uit Frankryk geskop. President Nicolas Sarkozy is vas van plan om met hierdie plan van aksie voort te gaan.

ukladka-parketaФільчаков Олександр Васильович

Ouma trou met jong Oesama

Image

Jane en Omar

Jane Felix-Browne (51) het Woensdag aan verskeie koerante bevestig dat sy onlangs met die seun van Oesama Bin Laden getroud is. Die Britse Felix-Browne is ‘n ouma. Sy sê ook haar man wil graag na Groot Brittanje kom.

Die seun van die mees berugte man op aarde heet Omar Oesama Bin Laden en is maar 27 jaar oud. Hy is die vierde oudste seun van die sogenaamde meesterbrein agter Al Kaida. Dit sal sy nuwe bruid se vyfde man wees. Die paartjie is in Egipte asook Saoedie-Arabië in die eg verbind, maar volgens die Times is die tweede huwelik nog nie amptelik nie.

 
Felix-Browne se Moslemnaam is Zaina Mohamad. Sy is die jong Oesama se tweede vrou en leef tussen twee lande, naamlik Brittanje en Saoedie-Arabië. "Dit sal wonderlik wees om op te staan en te sê hy is my man en sy naam te gee, maar ek moet realisties wees," het sy gesê. Sy is glo smoorverlief, maar sy het besluit om nie die van te gebruik nie.

Dat hy reeds ‘n kind en ‘n vrou het, pla haar nie. Sy het drie seuns en vyf kleinkinders. "Ek hoop maar mense oordeel nie te hard nie. Ek is met die seun getroud, nie die pa nie." Vandat die twee in April getroud is, het sy hom nog net een maal gesien. Hy woon in Jeddah en reis blykbaar nie graag nie.

Sy het ook aangedui dat haar man ‘n visumaansoek sal voltooi om toegelaat te word om na Brittanje te reis. Die egpaar het in Egipte ontmoet toe Felix-Browne te perd op ‘n uitstappie was om die Groot Piramide te besigtig. Sy was om gesondheidsredes in die land omdat sy aan veelvuldige sklerose ly en daarvoor behandel is.

Omar Oesama Bin Laden het sedert 2001 nog nie weer kontak met sy vader gehad nie. Volgens sy Britse vrou is dit "want hy glo dit is nie goed om te veg of in ‘n weermag te wees nie." Hy is ‘n handelaar van afvalmetaal. Sy Engels is maar skraps, maar toe Jane hom om sy hand vra, het hy dadelik verstaan en ingestem.

slots downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор

Dis mis weer in Latyn gevier

Image

Benediktus XVI

Die meeste Suid-Afrikaners het nie veel ag geslaan op die besluit van historiese belang wat pas deur pous Benediktus XVI geneem is nie. Die pous het naamlik ’n dekreet deurgevoer wat dit weer moontlik maak vir Katolieke om in Latyn te aanbid. Tydens die sitting van die tweede Vatikaan-konsilium in die vroeë sestigerjare van die vorige eeu is daar besluit om weg te doen met die Latynse mis. Die liberale atmosfeer van daardie periode het kerkleiers laat voel dat Latyn uitgedien was en ’n hindernis vir gewone kerkgangers geword het. Die mis sou voortaan in “gewone taal“ gevier word en die altaar moes na die gemeente se kant gedraai word. Dit was in teëstelling met die kerk se tradisie, wat tydens die konsilium van Trent in die sestiende eeu ontstaan het, om die mis in Latyn te vier en die altaar in ’n oostelike rigting te draai, met die priester wat sy rug na die gemeente draai terwyl hy die mis lewer.

In ’n brief wat die pous pas aan kerkleiers in die Katolieke kerk gestuur het, ontken hy dat hierdie stap verdeeldheid binne die kerk gaan veroorsaak en dat dit ’n poging is om die tradisionele vleuel te paai. ’n Groot groep Katolieke het hulle naamlik verset teen die liberale besluite van die tweede Vatikaan-konsilium en het voortgegaan om die mis in Latyn te vier en om hul eie biskoppe in te huldig. Die gebruik van Latyn was ’n manier om te protesteer teen die liberale winde van eukemeniese verandering wat deur die kerk gewaai het. In 1988 is die hoof van hierdie tradisionele faksie, Monseigneur Lefebvre, uit die Katolieke kerk verban, wat baie bitterheid by sy aanhangers geskep het.

Katolieke kan van nou af by hulle plaaslike priester daarop aandring om die mis in Latyn aan te hoor of volgens die ou Latynse formulier gedoop of in die huwelik bevestig te word. Indien die priester so ’n versoek sou weier, kan gemeentelede hulle op hul biskop beroep, so nie direk ’n versoek aan die Vatikaan rig.

Die huidige pous is bekend vir sy ortodokse standpunte. As kardinaal het hy homself reeds sterk uitgespreek teen moderne verdraaiings van die mis.

Jode het beswaar aangeteken teen die pous se jongste besluit, aangesien die Latynse mis volgens hulle anti-Semitiese elemente bevat. Op Goeie Vrydag word daar naamlik spesifiek gebid dat Jode hulle tot die Katolieke godsdiens sal bekeer.

Alhoewel die tradisionaliste in die Katolieke kerk verheug is oor Benediktus XVI se besluit, is die besluit oor die mis in Latyn nie ’n algehele oorwinning nie: die gewone mis sal steeds die norm van eredienste wees. Dit bly egter ’n belangrike toegewing en kan dalk daartoe bydra dat die kloof tussen moderniste en tradisionaliste in die kerk oorbrug word.

продам зарядное устройстволобановский александр игоревич класс

Die kleure van die Franse weermag

Saterdag is die herdenking van die bestorming van die Bastille-gevangenis, ‘n nasionale vakansiedag in Frankryk. En volgende Saterdag, 14 Julie, sal weer ‘n geleentheid vir Franse soldate wees om in hul deftige uniforms voor Nicolas Sarkozy verby te marsjeer in Parys.

Onder die troepe is baie swart en Arabiese gesigte. Maar onder die bevelvoerders nie ‘n enkele een nie. Etniese verskeidenheid bestaan, maar net vir die laagste range. Dié toestand het die Verteenwoordigende Raad vir Swart Assosiasies, Conseil représentatif des associations noires (Cran), genoop om ‘n ope brief aan die president te rig.

 
Maar daar is blykbaar reeds ‘n roering onder besluitnemers oor die aangeleentheid. Die minister van Verdediging, Hervé Morin, wil graag "sigbare minderhede" in verantwoordelike poste sien. Alhoewel hy die gedagte van "regstellende aksie" verwerp, het hy homself verbind tot "diversiteit". Hy wil sien dat "arm kinders, sonder geleenthede", toegelaat word om aan die voortreflike militêre instellings soos Saint-Cyr of Navale te studeer.

Vanaf 2008 wil die minister studente by die beste militêre opleidingskole inskryf vir oorbruggingsklasse alhoewel hulle nie kwalifiseer vir toelating nie. "Dit is nie ‘n geval van die toelatingsvereistes wat ons wil verlaag nie, maar om die jeug te kry om in ‘n goeie omgewing te studeer want hulle glo dat sulke instellings nie vir hulle is nie." Só gesels ‘n amptenaar wat gemoeid is met die saak.

Die Infanterie rekruteer 13 000 siele per jaar en is besonder sensitief oor die aangeleentheid. Dit is "’n sentrale onderwerp, een wat ons ná aan die hart lê," sê die opperbevelvoerder generaal Bruno Cuche. As ‘n oud-bevelvoerder van Saint-Cyr meen die generaal dat hy nog nie die "sigbare minderhede" opgemerk het nie. Die ideaal volgens hom is dat die weermag die bevolking ten volle weerspieël.

Sy direkteur van Indiensneming, generaal de Bavinchove, voeg by dat die enigste gekleurde gesigte by Saint-Cyr Coëtquidan dié van buitelanders is. "Ons is dekades agter die VSA." Dit sal weliswaar eers in 2040 wees dat een van die kinders van immigrante-ouers ‘n bevelsposisie sal beklee indien hy vandag aansluit.

Eric Deroo, historikus wat navorsing oor koloniale troepe gedoen het, sê daar was "in die dertigerjare ‘n vyftigtal swart offisiere (…) maar nog nooit ‘n swart generaal nie."

Desnieteenstaande is immigrante se kinders aangetrokke tot die weermag. Op die oomblik skat waarnemers dat 15% van die mag uit nie-blankes bestaan. Word daar teen hulle gediskrimineer? In ‘n boek oor die onderwerp wat deur die ministerie van Verdediging geborg is, Couleurs du drapeau (Kleure van die Vlag), sê die skrywers dat nie-blankes Frans voel, maar dat hulle dikwels sukkel om die weermag dit te laat glo.

Die neteligste kwessie is Islam en die Moslemgeloof. Hulle voel dat die Franse agterdogtig bly dat daar ‘n verdeelde lojaliteit by sulke soldate is. In 1975 was die bevelvoerder van die Spesiale Magte in Laos egter generaal Wolsztynski, seun van ‘n Poolse immigrant, en voorstanders van "diversiteit" dink hy sal as uitstekende voorbeeld dien om die bevelstruktuur te verswart…

no deposit winлобановский александр дочь

‘n Soet smaak sonder gelyke

Image

Groen goud

‘n Soet smaak sonder gelyke. Dit is die verrassende kenmerk van ‘n eeue-oue plantjie wat bekend staan as "soet gras" uit Paraguay. Dié groen blaartjies kan suiker in die skadu stel en sorg vir ‘n voedselrewolusie.

‘n Indiaanse stam, die Guaranis, doop die blare al honderde jare lank in hul drankies vir geur. Vandag is dit reuse uit die voedselbedryf wat belangstel in die groen goud wat driehonderd keer soeter is as suiker, sonder ‘n enkele kalorie!

 
Die Amerikaanse groep Cargill, een van die grootste voedselvoorsieners op die planeet, en Coca Cola, koning van soet koeldranke, het onlangs as vennote toegetree om ‘n versoeter te vervaardig wat die stevia rebaudiana bertoni, die botaniese beskrywing vir die plant, as basis gebruik.

"Die aankondiging van Coca Cola het ‘n reusagtige belangstelling wakker gemaak," sê Nelson Gonzalez, hoof van die "Kamer vir Stevia". Die Kamer is opgerig om al die produsente onder die beskerming van die Paraguaanse minister van Industrie en Handel te bring.

Die mark, wat reeds in Suid-Amerika (Brasilië, Argentinië, Ecuador) en in Asië (China, Japan, Korea) ontwikkel is, het die VSA en Europa nog nie bereik nie. Alhoewel stevia as ‘n voedsel- en kosmetiese bestanddeel wettig is, word daar gewag dat wetenskaplikes hul finale mening oor die produk gee.

"Die wêreldwye aanvraag is geweldig. Maar suikerprodusente gaan probeer om die invoer van hierdie rewolusionêre produk, sonder gesondheidsrisiko’s, te verhoed," sê Gonzalez. Die gevare waarna hy verwys, is die onlangse studies wat die chemiese versoeter aspartaam as ‘n karsinogeen aandui.

Die Fakulteit van Geneeskunde aan die Universiteit van Asuncion het ‘n lang lys van die voordele mbv navorsing saamgestel. Stevia is nie net ‘n anti-oksidant nie, maar het ook anti-inflammatoriese en anti-bakteriese eienskappe. Dit is dus uitstekend vir diabete en hipertensie-lyers en verhoed tandbederf.

Die komplekse stevioside-molekule wat in die blare aangetref word, bied die geleentheid om as ‘n versoeter verwerk te word omdat dit temperature van 200 C kan weerstaan. Maar dit is nie die enigste voordeel nie. As plantvoedsel gee dit ‘n soet smaak aan vrugte en as dierevoer verbeter die stevia-plant die gehalte van die vleis.

Binne tien jaar het die klein struikie wat 60cm hoog staan uit die tropiese noord-ooste van Paraguay, van 350 na 1500 hektaar se aanplanting gegroei. Die Paraguaanse owerhede hoop dat hulle binne vyf jaar 18 000 ton se gedroogde blare sal kan lewer. ‘n Kilogram van die stevia-kristal, die poeier wat 12kg se blare lewer, behaal tussen 40 en 100 dollar, afhangend van hoe suiwer die poeier is.

Dié land van 6 miljoen mense is tans besig om die nodige regstappe te neem om die produk internasionaal as inheems aan Paraguay te registreer sodat die landbousektor die voordeel van hul produk kan geniet. Byna die helfte van die bevolking leef in armoede.

Die ironie is dat Paraguay, waar smokkelhandel oorheers, nie die grootste produsent van stevia is nie maar vir die afgelope dertig jaar wel China. In China word 200 000 hektaar van die plant verbou. Paraguaanse produsente is egter nie bekommerd nie.

"Danksy ons klimaat kry ons drie oeste per jaar waar hulle in China net een kry." Maria Teresa Aguilera, hoof van die grootste stevia-bedryf Emporio Guarani, sê dat elke ander maatskappy geskakel het nadat dit bekend geraak het dat Coca Cola belangstel.

длядевочекФільчаков Олександр Васильович