Air France-personeel skop vas teen deportasies

Image

Al skreeuende terug na Afrika

Werknemers van Air France het ’n beroep gedoen op aandeelhouers van die maatskappy om voortaan te weier om vliegtuie van Air France en KLM te gebruik om onwettige immigrante terug te stuur na Afrika. Volgens die werknemers is hierdie prosedure nie net sleg vir Air France se beeld nie, maar kan die veiligheid van die bemanning en passasiers nie gewaarborg word nie.

Die algemene jaarvergadering van die maatskappy vind môre in Parys plaas. Jean-Cyril Spinetta, uitvoerende bestuurder van Air France, het verlede jaar in November verklaar dat Air France nie sal weier om die staat by te staan in die uitvoering van wettige opdragte ten opsigte van uitsettings nie.

Image

Moeder Afrika wag…

In Mei vanjaar is ’n vlug van Parys na Bamako gekanselleer ná ’n insident met ’n onwettige Maliër. Dit was ’n normale vlug en die res van die passasiers was nie bewus daarvan dat ’n onwettige immigrant in hulle midde was, op pad terug na Mali nie. Die immigrant, wat nie net onwettig in Frankryk was nie, maar ook tot tronkstraf veroordeel is, het ’n groot bohaai opgeskop net toe die deure van die vliegtuig gesluit is om gereed te maak vir opstyging. Hy het wild begin skop, byt en slaan. Die twee polisiemanne in burgerlike drag wat hom vergesel het, moes dwang toepas om hom stil te kry en vas te bind. Daar was heelwat swart passasiers in die vliegtuig, wat deur die gebeure geskok is.

Die moeilikheidmaker is uiteindelik uit die vliegtuig gedra, nadat hy klaarblyklik ’n epileptiese aanval gehad het. ’n Hele aantal polisiemanne het toe die vliegtuig betree en ’n man wat die voorval verfilm het, saamgeneem om hom in die lughawegebou te gaan ondervra. Die loods het toe besluit om die vlug te kanselleer.

Deesdae is dit algemene praktyk vir onwettige immigrante om ’n bohaai op te skop as hulle uit Frankryk gedeporteer word, terug na Afrika. Hulle hoop om sodoende genoeg verleentheid vir die Franse regering te skep sodat deportasie onmoontlik sal word om uit te voer. Sowat 20 000 onwettige immigrante is in 2005 uit Frankryk geskop. President Nicolas Sarkozy is vas van plan om met hierdie plan van aksie voort te gaan.

ukladka-parketaФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae