Afrikaners het nie redding nodig nie

Dat daar uit Nederland en Vlaandere belangstelling is vir Afrikaans is waar, en dat buitelandse politici hulle sal uitspreek téén misdaad in SA is ook waar. Maar van “Afrikaner-redding” uit die buiteland is daar geen sprake nie. Want dit is nie nodig nie. Afrikaanse leiers vra nie daarvoor nie, waarom sou daar dan hulp kom?

Lees verder: Afrikaners het nie redding nodig nie

Afrikaans vir godsdiens en onderwys

Baie van die mense wat tot in dié tyd Afrikaans as skryftaal gebruik het, was nie-Afrikaners, en sommige van hulle is buite Suid-Afrika gebore. Ook sjeik Abu Bakr Effendi (1835-1880) was so iemand. Abu Bakr, ‘n Koerd wat in Turkye gebore is, was ‘n Islamitiese godsdiens-onderwyser wat Afrikaans as godsdienstige taal vir die Kaapse Moslems

Lees verder: Afrikaans vir godsdiens en onderwys

Afrikaner-redding kom dalk van buite

In ’n beduidende mosie wat die afgelope week by die Europese parlement in Straatsburg ingedien is, spreek 48 Europese parlementslede hulle uit teen die “sistematiese aard” van die aanvalle op wit boere in Suid-Afrika en vra die Suid-Afrikaanse regering om dringend maatreëls in te stel om hul veiligheid te verhoog. Die mosie is ingedien deur

Lees verder: Afrikaner-redding kom dalk van buite

Die naweek se Superrugby: wie die bal nie bemin

Die Cheetahs, die Leeus en die Bulle het die naweek verloor waar hulle net sowel kon gewen het, en daar is ’n sorgwekkende tema in die manier waarop al drie spanne hulle rug op oorwinnings gedraai het. Hierdie spanne het nagelaat om die kosbaarste voorwerp op die veld – die bal – op te pas.

Lees verder: Die naweek se Superrugby: wie die bal nie bemin

Swart rasseharmonie wys krake

‘n Indiërvrou van Richardsbaai is uit die gymnasium waar sy lid is geskop en moes ‘n nag agter tralies deurbring omdat sy die woord “kaffir” gebruik het. Asjika Ramdeen (39) het erken dat sy Jabulani Xebekhulu (34) só genoem het in die Virgin Active-klub op die dorp. Sy het Donderdag in die Richardsbaaise landdroshof verskyn

Lees verder: Swart rasseharmonie wys krake

Israeli’s dood 12 Palestyne in lugaanval

Israeliese lugaanvalle in Gasa het tot die dood van minstens 12 Palestyne gelei, insluitende ‘n senior Palestynse militante leier. Zohair al-Qaisi, sekretaris-generaal van die gewilde Weerstand Komitees (PRC), was van plan om ‘n aanval te loods, sê die Israeli’s. Die Israeliese weermag het gesê vuurpyle is na Israel afgevuur. ‘n Woordvoerder het gesê die vuurpylaanvalle

Lees verder: Israeli’s dood 12 Palestyne in lugaanval

Hospitaalgyselaars vrygelaat

Twee bestuurders by die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha is Vrydagnag vrygelaat nadat hulle gyselaar gehou is vir ure lank deur ontevrede verpleegsters, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê. Die bestuurders is kort voor 08:00 na lang onderhandelinge tussen die polisie en die verpleegsters vrygelaat, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê. Die verpleegsters, wat

Lees verder: Hospitaalgyselaars vrygelaat

ANC-LP pak kos in

‘n ANC-LP het haarself gehelp aan ‘n sak vol koeldrank en ‘n ​​bord vol toebroodjies ná ‘n vergadering van die portefeuljekomitee in die Parlement, volgens ‘n berig Vrydag. Die ANC-LP en verdedigingskomiteelid Pamela Daniels het haar hande in die lug gegooi en geskree: “Ek is mal oor demokrasie” nadat ‘n vergadering van die komitee Donderdag

Lees verder: ANC-LP pak kos in