Hospitaalgyselaars vrygelaat

Twee bestuurders by die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha is Vrydagnag vrygelaat nadat hulle gyselaar gehou is vir ure lank deur ontevrede verpleegsters, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.

Die bestuurders is kort voor 08:00 na lang onderhandelinge tussen die polisie en die verpleegsters vrygelaat, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê.

Die verpleegsters, wat nie gewapen was, het die bestuurders om 11:00 in ‘n raadsaal toegesluit, want hulle was ongelukkig oor die nagpligtoelaes wat aan hulle verskuldig is.

Kupelo het gesê ‘n lys van verpleegkundiges wat in aanmerking kom vir die toelaag is ingedien, maar moes heringedien word toe bevind is dat dit foute bevat.

“Daar is vasgestel dat die lys foutief was. Daar was die name van mense op wat met verlof was in die tyd.”

Dit het gelei tot ‘n vertraging in die betalings. Die korrekte lys is verlede Dinsdag gefinaliseer.

Die verpleegsters sou na verwagting hierdie week betaal word, maar Kupelo het gesê hulle sal eers volgende week betaling ontvang.

Nadat die gyselaars vrygelaat is, het die verpleegsters wat betrokke is probeer om hulle kollegas, wat met die nagskof begin het, te oorreed om van diens af te gaan.

“Die departement sal drastiese stappe neem teen diegene wat die lewens van ons pasiënte in gevaar stel,” het Kupelo gesê.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae